Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Nuanetzi Game Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Portion 4 of Farm Rietfontein, Mookgopong, 0560, Limpopo
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Nuanetzi Game Lodge bied 'n toevlugsoord tussen die voorheuwels van die Waterberge, 19 km van Mookgopong af wat voorheen as Naboomspruit bekendgestaan het. Die lodge bied gerieflike selfsorg-akkommodasie en die ideale plek om na weg te breek in Limpopo se Bosveld.

Dit is in 'n malariavrye omgewing, 2 ure se ry van Johannesburg en 'n uur se ry van Bela-Bela af. Die ligging maak dit die ideale plek vir 'n naweekwegbreek of wegbreek in die week waar gaste in 'n rustige omgewing kan ontspan. Ons bied akkommodasie in 4 grasdak-chalets en 'n grasdak-chalet van klip. Die grasdak-chalets het slaapplek vir tot 4 gaste en beskik oor 'n slaapkamer, 'n badkamer, 'n sitarea en 'n kombuis. Gaste het toegang tot hulle eie privaat uitkykdek met 'n uitsig oor die watergat waar wild kom drink en wei.

Dié Stone Chalet het ook slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 'n en suite-badkamer, 'n buitekombuis en 'n opelug-stort. Daar is geen TV's of DStv in die eenhede nie. Elke chalet het sy eie braaigeriewe en is loopafstand van die parkeerplek, ontvangs, boma en swembad af geleë.

Die loge bied 'n oorvloed wild en voëllewe met meer as 12 wildspesies en meer as 300 voëlspesies. Die natuurlike omgewing sluit ook 'n verskeidenheid inheemse flora in wat tipies aan die Waterberg-streek is. Daar is 'n swembad, swembadkroeg, Sekelbos-koffiekroeg en 'n vermaakarea vir gaste. Gaste kan 2 keer 'n dag wildritte doen, wildwandelings onderneem of op die dek van die chalet sit en kyk hoe die wild by die watergat kom water drink.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 72 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Marthie H
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelike behulpsame diens. Rus en vrede, stilte, natuurkoon, ongerepte Bosveld. Baie rustig en nie te ver van die stad af nie. Fantastiese uitsig v...
Sien meer
Mei 2024
Stefanie D
Gesin met tieners
5.0
Relaxing. The view was amazing, and the owners are extremely nice people.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Debbi G
Saam met lewensmaat
5.0
Great stay - incredible views. The chalet is beautiful, set on the side of the mountain - the view is incredible. Amenities are simple,...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Jacques S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustig. Waarde vir geld. Baie mooi uitsig. Maak seker jy pak lig omdat die parkering ver van die eenhede is. Die eenhede is ook bo op die berg, s...
Sien meer
Okt 2023
Hannelie H
Gesin met klein kinders
5.0
Mense is baie gasvry ons baie lekker gebly. Sal definitief weer gaan kuier.
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Jolandie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 72

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Portion 4 of Farm Rietfontein, Mookgopong, 0560, Limpopo
  • Gaste dink Nuanetzi Game Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Portion 4 of Farm Rietfontein, Mookgopong, 0560, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcxM2M5YWY1LWQ1ZTUtNDM1Mi04NWRmLTY4NzgxYjYwODg3MA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 4) 72 5 1 5 Portion 4 of Farm Rietfontein Mookgopong 0560 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -24.370833333333 28.773611111111

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang