Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Nyl Retreat

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Doorndraai Plaas, 415 KR, Nylstroom, 0510, Limpopo
  • Vanaf R975 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Nyl Retreat is 'n plattelandse selfsorg-toevlugsoord wat 8 km vanaf Modimolle op 'n teerpad geleë is. Dit is 'n uitstekende wegbreekbestemming uit die besige stadslewe. Geniet die vars lug, ongelooflike sonsondergange en voëllewe. Hierdie perfekte plattelandse wegbreek bied styl en gerief en skuil in die skilderagtige en malariavrye Modimolle in die Waterbergstreek, sowat 130 km noord van Pretoria. Dit bied maklike toegang tot Koro Creek en Euphoria gholflandgoedere, asook Nylsvley Natuurreservaat.

Nyl Retreat bied goeie sekuriteit, alternatiewe sonkrag, en het sy eie watervoorsiening.

Gaste kan luukse verblyf en warm gasvryheid in 'n rustige en stil area verwag. Geniet die privaat stoep met 'n braai en 'n pragtige tuin met 'n swembad. Dis voorwaar 'n paradys vir natuurliefhebbers!

Hier kan gaste kies tussen twee luukse kothuise en vyf chalets met grasdakke wat oor die tipiese Waterberg-bosveld uitkyk. Elke eenheid is individueel versier en volledig toegerus met gehalte-matrasse, fyn wit linne en handdoeke. Die verwelkomingspakkie sluit tee, koffie, seep, sjampoe en toiletpapier vir 1 aand in.

Sit by die swembad in hierdie stil en rustige plek, stap in die pragtuin en op ons staproete, of knoop 'n geselsie met die gashere aan om meer oor die geskiedenis van Nylstroom te hore te kom. Daar is 'n boma beskikbaar. Dis die perfekte plek om 'n tradisionele Suid-Afrikaanse braai om 'n vuur te beleef!

Die Visvanger se roep sal jou beslis bewus maak van die ryk voëllewe van die bosveld, en entoesiastiese voëlkykers en natuurliefhebbers sal voëls van baie naby kan aanskou.

Die eenhede word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 123 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Minke H
5.0
Lieflike bosveld kuiertjie. Ons het baie lekker gebly. Dit was skoon en netjies en al die benodighede gehad.
Okt 2024
Mackie V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly. Sal definitief terugkom na Nyl Retreat. Dis 'n oulike plekkie. Skoon en netjies met alles tot jou beskikking wat jy mag nodig kry. ...
Sien meer
Okt 2024
Anita G
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker kuier, skoon toegeruste eenheid, lekker slaap - ideaal wegbreek. Baie lekker gebly, goed toegeruste eenheid, veilig gevoel, lekker stil - ideal...
Sien meer
Aug 2024
Mariaan J
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Ons het uitstekende diens ontvang. Dankie Laurene en Cicile, julle plekkie is baie netjies. Ons het dit baie geniet en heerlik gebraai. Di...
Sien meer
Mei 2024
Renette B
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekend. Baie mooi plek, baie goed toegerus. Baie lekker gebly. Sal definitief weer daar gaan bly.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Laurene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 123

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Doorndraai Plaas, 415 KR, Nylstroom, 0510, Limpopo
  • Gaste dink Nyl Retreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 975
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 975
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Doorndraai Plaas, 415 KR, Nylstroom, 0510, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA004b1bf99a63c40175336e57126e0e83e63dcd8d77449d71de0caf9f45ec93c8be14dce5409e74e5b4e0918c223eb0c09349?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R975 per nag (plek vir 2) 123 5 1 5 Farm Doorndraai 415 KR 0510 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -24.71748508219 28.487393260002

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang