Oak Inn
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Greybestraat 9, Rynfield, Benoni, 1501, Gauteng
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Oak Inn bied lieflike selfsorgverblyf met 'n gemeenskaplike swembad en 'n kuierarea. Dit is in die hartjie van Rynfield, Benoni geleë. Dit is die ideale opsie vir besigheidsreisigers óf 'n gesin wat 'n wegbreek van die stad se gewoel wil hê.
Gaste kan tussen 'n ruim eenheid met slaapplek vir 4 gaste of 'n knus eenheid met slaapplek vir 2 kies. Elke slaapkamer het óf 'n koninggrootte-bed óf koningingrootte-beddens. Elke eenheid het 'n privaat badkamer met 'n stort of 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Boonop het elk van hierdie selfsorg-eenhede 'n leefarea met 'n kombuis wat met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus is. Elke eenheid het ook 'n eetarea en 'n sitarea met 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Gaste het toegang tot die gemeenskaplike kuierarea met 'n ingeboude braai, etenstafel, pooltafel en 'n kroeg. Veilige onderdakparkeerplek is op die perseel beskikbaar. Hierdie verblyf is ongeveer 20 minute vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe. Tydens beurtkrag maak die verblyf van sonkrag gebruik.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Cheryl Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Greybestraat 9, Rynfield, Benoni, 1501, Gauteng
- Gaste dink Oak Inn het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Rynfield Benoni Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Greybestraat 9, Rynfield, Benoni, 1501, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang