Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oak Leaves Cottage

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Juanita L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2023

Beautiful and clean accommodation, lovely setting. Well received by the owner, it was clean, neat, and well-located in Clarens. Really enjoyed our stay.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Laetitia
Oak Leaves Cottage
Thank you very much for very kind review.

Klarissa L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.0
Sep 2023

Eienaar was onvoorbereid. Ons het die eienaar Donderdagmiddag gekontak om in te boek, sy het datums verwar en nie geweet ons kom daai dag nie, ons moes 3 ure wag tot na 17h00 in die middag voor sy terug in die dorp was. Wyn- en vonkelwynglase was baie vuil. Sy het ons ook gevra om 'n handdoek oor die ottoman te sit voor ons iets neersit omdat dit minder skoonmaakwerk vir haar is. Die kas het geen pakplek vir klere gehad nie. Sy is Sondag dorp uit. Die piepklein koffiehouer was leeg, water en wifi was af en sy het haar hond op 'n leiband aan die stoep vasgemaak agtergelaat. Sy was wel baie vriendelik maar ek sou haar nie as professioneel of behulpsaam beskryf nie.

Netheid
2.0
Diens
2.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0
Laetitia
Oak Leaves Cottage
Dankie Vir julle resensie. Daar was wel filter koffie. Mag ek vra wat van wat positief was? Dit voel meer as ’n persoonlike aanval as terugvoering oor die akkommodasie self.

Betsie E
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2022

Pragtig. Skoon en netjies met soveel ekstra geriewe, soos beskuit, melk, koffie en nog meer. Welkom gevoel. Pragtige kombuis met alles wat nodig is, en gasstoof wat onmisbaar was met beurtkrag. Heerlik, warm geslaap in die koue weer. Baie dankie Laetitia vir jou gasvryheid.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Laetitia
Oak Leaves Cottage
Baie dankie vir julle mooi resensie, dis met groot waardering.

Leanne L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2022

Die verblyf was gerieflik en vir so 'n kort kuiertjie is dit voldoende. Die plek is baie netjies en gerieflik, ons het lekker gekuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Laetitia
Oak Leaves Cottage
Dankie vir Julle mooi resensie.

Janha S
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Des 2022

Beautiful hidden gem in Clarens. We absolutely loved staying at Oak Leaves Cottage. The hosts were kind and very helpful.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Laetitia
Oak Leaves Cottage
Dankie vir julle mooi resensie meneer. Ek waardeer dit baie.

Deon V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jun 2022

Welcoming and cosy. Great place to stay in a great town.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Minette S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Apr 2022

Heerlik, keurig, pragtig. Alles was baie keurig en lekker. Net genoeg vir twee mense, die kombuis het alles wat mens nodig het. Die ekstra moeite wat gedoen is met die sjerrie en sjokolade op die bed, die koffiestasie was baie oulik. Dit is 4 min. weg van die hoofstraat en naby genoeg alles. Voorstelle: Om dieselfde handdoek te gebruik vir 4 dae, dalk net 2 ekstra handdoeke in die kas beskikbaar hê. Daar is nie 'n oond nie wat ek verstaan daar is nie plek vir dit nie, maar dalk 'n staande mini-oond te kry. Die braaigeriewe buite was 100% sal net voorstel om 'n ander lig in te sit want die lig het bly af en aan gaan al sit mens die lig aan by die skakelaar, en dalk 'n klein staaltafel beskikbaar buite te sit. Dit reën ook maar altyd baie in Clarens so 'n klein dakkie bo die deur te sit is nie 'n slegte idee nie veral as mens buite braai wil mens nie sukkel met 'n sambreel in die reën nie. Verder was die gasvryheid baie goed en ons sal definitief Oak Leaves Cottage aan mense voorstel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Laetitia
Oak Leaves Cottage
Dankie vir Julle mooi resensie ons maak werk van die klein goedjies genoem so gou moontlik, maar n stoof is daar nie plek nie. Meeste gaste eet elke aand uit.

Dirk B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Aug 2022

Oak Leaves Cottage was 'n fees. Die eenheid is luuks en uitstekend toegerus. Lekker privaat en stil en maklik toeganklik tot alles. Sal die plek beslis aanbeveel vir enigiemand om te besoek.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Laetitia
Oak Leaves Cottage
Dankie vir julle vriendelike besoek en netheid. Hoop ons sien julle weer.

Dienie (gloudina) K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2021

Dit is 'n wonderlike kothuis. Dit is 'n pragtige en netjiese kothuis wat alles in het wat jy nodig het en nog meer. Laetitia is baie aangenaam en het ons baie vriendelik ontvang en vir ons van al die oulike restaurante in Clarens uitgewys.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Laetitia
Oak Leaves Cottage
Baie dankie vir mooi woorde en resensie. Met waardering.

Jan N
Lang verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Nov 2021

Was baie rustig, mooi plekkie. Baie vriendelike diens. Baie mooi, goed uitgeruste plek. Alles wat mens nodig mag hê.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Laetitia
Oak Leaves Cottage
Dankie vir mooi resensie.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Laetitia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 4 jaar

Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Villiers-straat 13, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbeea26301114d10b20686214e2fc820f7f2124babde24ca4a4163a9dda3b5c04d1fc3ea49823e472ba2e17d5d4deb4c8bbdc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 10 5 1 5 13 Villiers Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.507153329415 28.421660914506

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang