Oak View Manor
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fenterstraat 66, Heidelberg, 1441, Gauteng
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Oak View Manor is 'n Kaaps-Hollandse erfenis huis wat in 1917 gebou is op versoek van Dr Nixon ('n belangrike lokale figuur in die Anglo-Boereoorlog). Die statige ou huis is in 2017 liefderyk omskep in 'n intieme onthaal lokaal en prag gastehuis, en bied gerieflike oornag- en selfsorgverblyf in Heidelberg. Dit is ideaal vir sakereisigers of vakansiegangers.
Hierdie verblyf maak van sonkrag gebruik en daar is 4 pragtige suites wat elk 'n en suite-badkamer het. Die suites bied elk hotel-gehalte beddens, beddegoed, linne, en japonne, sowel as 'n privaat ingang. Elke suite spog met 'n goed toegeruste kombuisie en eetarea met 'n klein kroegyskas, mikrogolfoond, en ketel en koffie-maak geriewe. Ander geriewe in die kamer sluit 'n lessenaar, klerekas, TV met Netflix, gratis WiFi, USB-prop, verlengkabel, haardroeër, grimeerspieël met lig, strykyster met strykplank, 'n goeie waaier, en muurverwarmer in.
Gaste het toegang tot 'n lieflike tuin, gemeenskaplike braai-area en 'n vuurput, asook 'n groot omheinde parkeerplek wat genoegsame parkeerplek en draaisirkels vir sleepwaens en karavane bied. Gaste kan maaltye in die gelisensieërde Victoriaanse boho-huisrestaurant geniet, mits hul vooraf bespreek, of in die luukse sitareas ontspan wanneer die hoofhuis en kroegie oop is.
Gaste kan ook geskiedenistoere vanaf Oak View Manor neem, enige tyd 'n vrye staproete van 5 km geniet op Silver Oaks Farm, asook daar perdy met vooraf bespreking en teen 'n tarief, Die dorp het 'n gholfbaan, en Techno Paddle-baan.
Heidelberg bied ook koffiewinkels, restaurante, interessante antiek- en geskenkwinkels, en 'n pandjieswinkel om te verken. Gaste kan afslag by Sionbergh kampgronde kry om te swem of te ontspan as dagbesoekers, en kan ook 'n professionele massering in hul kamer geniet, of naderby, by die masseersalon, beskikbaarheid afhanklik.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Dina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Fenterstraat 66, Heidelberg, 1441, Gauteng
- Gaste dink Oak View Manor het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fenterstraat 66, Heidelberg, 1441, Gauteng