Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oaktree

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: La Rochelle-straat 25, Burgersdorp, 9744, Oos-Kaap
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Oaktree is 'n moderne selfsorg-eenheid met slaapplek vir 2 gaste. Dié eenheid het 'n privaat ingang en 'n uitsig oor die swembad en die pragtige tuin met die Stormberge in die agtergrond.

Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, eenplaatstoof en koffie- en teemaakgeriewe toegerus.

Daar is 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket, gratis WiFi is ook beskikbaar. Daar is ook 'n plafonwaaier. Die eenheid lei na 'n lieflike stoep. Verwarmers, 'n elektriese kombers en winterlakens word vir die koue winteraande voorsien.

Hierdie eenheid het sonkrag tydens beurtkrag. Braaigeriewe en 'n wegneem-ontbyt is op versoek beskikbaar. Parkeerplek word in 'n toesluitmotorhuis voorsien.

Oaktree is geleë in n mooi, boomryke en rustige woonbuurt.Dit is binne loopafstand van die besigheidsarea en restaurante, asook naby verskeie besienswaardighede en staproetes.
Hier kan die moeë reisiger ontspan onder die reuse ou akkerboom - n ware oase.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
Openbare vervoer naby
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Theresa J
5.0
Heerlik! Ek is met baie gasvryheid ontvang. Die gasvrou het aan alles gedink, selfs watte en tissues. Dis daai klein goedjies wat baie punte tel om me...
Sien meer
Jan 2025
Sakkie S
5.0
Rustige en veilige nagrus gehad. Die wooneenheid is langs die hoofhuis en kyk uit oor 'n baie mooi tuin en swembad en is redelik privaat. Parkering is...
Sien meer
Jan 2025
Danielle P
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Lieflike verblyf en vriendelike mense.
Des 2024
Sanet P
Saam met lewensmaat
5.0
Puik akkommodasie in Burgersdorp. Ideale oornag akkommodasie met 'n uitsig op pragtige tuin. Die eenheid is skoon en netjies met veilige parkering in ...
Sien meer
Okt 2024
Margaretha C
5.0
Plattelandse gasvryheid op sy beste! Vriendelike en hulpvaardige gasvrou. Baie lekker gebly en sy het gereeld gevra of ek iets nodig het. Netjiese kam...
Sien meer
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Lourene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • La Rochelle-straat 25, Burgersdorp, 9744, Oos-Kaap
  • Gaste dink Oaktree het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Burgersdorp Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: La Rochelle-straat 25, Burgersdorp, 9744, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA976c07817d6eee78d26157bee758ee94065e7b4b3277cf4f7d476c41cab69c7a7699fc865fe69b18e4fec69369e2b1206157?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 21 5 1 5 25 La Rochelle Street Burgersdorp 9744 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.993323138403 26.333521497168

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang