Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Obesa Lodge

  • Kapasiteit: 33 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Murraystraat 64, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R860 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Die inspirasie vir die naam "Obesa Lodge" kom van die vetplant "Euphorbia Obesa" (wat ook bekend staan as die "Afrika-hut") wat in die Graaff-Reinet distrik voorkom. Obesa Lodge is oorkant die "Obesa Cactus & Succulent Nursery" geleë, 1 van die 12 asemrowende Vetplanttuine in die wêreld.

Gaste sal voel asof hulle die einde van die reënboog bereik sodra hulle by Obesa Lodge arriveer. Dit is juis hierdie genotvolle gevoel wat die eienaar, aan haar gaste wil oordra. Elke eenheid is versier volgens verskillende temas (bv. "Spring Breeze" en "Sundowner").

Die selfsorgeenhede sluit verskillende grootte kothuise in vir paartjies of gesinne van tot 5 persone. Die verskillende kamers bied verblyf aan toergroepe of reisigers met basiese behoeftes. Al die eenhede en kamers het privaat ingange en beskik oor gemaklike beddens, elektriese komberse, lugversorging, yskassies, mikrogolwe, TVs met die DStv-pakket vir hotelle, ens.

Obesa Lodge het 2 veilige parkeerareas van die straat af agter motorhekke, braaigeriewe, 'n swembad met 'n plonspoel en swaaie vir kinders. Herotel vesel-internet is in die eenhede beskikbaar. Obesa Lodge is ook gerieflik geleë en lekker naby museums en restaurante.

Let asb. daarop dat al ons personeel ingeënt is. Obesa Lodge volg die Covid19-protokol soos deur die Departement van Toerisme voorgeskryf.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 237 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Dirk V
Gesin met tieners
5.0
'n Juweel. Dankie. Watter heelike plekkie in Graaff-Reinet. Die swembad was 'n baie besonderse pluspunt en verfrissing omdat ons op 'n baie warm dag a...
Sien meer
Jan 2024
Elizabeth N
5.0
Alles is kleurvol geverf. Alles kyk versorg. Dis is gerieflik. Sentraal in Graaf Reinet. Gerieflik.
Jan 2024
Ockert D
Saam met vriende
5.0
Skoon, gerieflik! Waarde vir geld. Baie lekker oornagplek, oppad terug Gauteng toe.
Jan 2024
Gary D
5.0
Comfortable. Comfortable and clean.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2023
Nadine D
Gesin met klein kinders
5.0
Great value for money, would book this again any day. Lovingly decorated lodge with lots of charm. The pool was a welcome surprise afte...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Sonja Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 237

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Murraystraat 64, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink Obesa Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R860
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R860
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 33 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Murraystraat 64, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA061d4892c5fc08d90cfcc6e43605e7e88d8acd9d2137938b4c3335fcaae1c4965199231f8df7e691ee8df9860f664e9b4dda?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R860 per nag (plek vir 2) 237 5 1 5 64 Murray Street Graaff-Reinet 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 13:00-21:00 10:00 -32.254896792597 24.539932608604

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang