Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ocean Bed

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hartstraat 3, Gonubie, Oos-Londen, 5257, Oos-Kaap
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ocean Bed is in Gonubie geleë. Dis 'n klein dorpie omtrent 15 minute se ry van Oos-Londen af. Gonubie bied iets vir almal. Die dorpie is bekend vir sy promenade wat strek vanaf Gonubie Punt tot by die hoofswemstrand wat langs die Gonubie-riviermonding geleë is.

Ocean Bed bied 3 oopplan-eenhede. Elke eenheid is ten volle toegerus vir selfsorg en al die basiese geriewe vir 'n ontspanne, sorgvrye vakansie. Ons bied akkommodasie vir 2 volwassenes en 2 kinders of 3 volwassenes. Die eenhede het elk 'n TV wat teen die muur aangebring is, privaat braaigeriewe, veilige parkeerplek en 'n afstandbeheerde hek. Linne kan voorsien word, maar bring asb. jou eie handdoeke saam.

Gaste het toegang op die perseel agter 'n hek met afstandbeheer. Die eenhede is nie troeteldiervriendelik nie.

Ocean Bed is stapafstand vanaf die gesinsvriendelike Gonubie-strand, vele visvangplekke en 'n Superspar (vir die daaglikse benodigdhede en kruideniersware) asook OTM's. Ons is ook naby die bekende voëlreservaat en eetplekkies teen die strand. Ons is net 'n entjie se ry vanaf Steers, KFC, Guido's restaurant, Roman's Pizza en ons plaaslike restaurant Ninas.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Gloria V
Gesin met tieners
5.0
Baie vriendelike diens. Netjiese en skoon verblyf. Sal beslis aanbeveel. Puik diens ontvang. 10/10.
Okt 2023
Bertus M
Gesin met tieners
5.0
Baie rustig en loopafstand vanaf die see. Kon see hoor van wooneenheid af. Ek het verblyf baie geniet. Rustig.
Apr 2023
Gerharc V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjies en vriendelike diens. Baie netjies en vriendelike diens. Sal dit beslis aanbeveel.
Mrt 2023
Charlotte V
5.0
Ons verblyf by Ocean Bed, was baie aangenaam en sal graag weer in die toekoms daar wil gaan bly. Die eenhede is veilig, baie netjies en beskik oor ...
Sien meer
Mrt 2023
Annetjie E
Gesin met tieners
5.0
Lekker plekkie om te bly, netjies en skoon. Hoor die see, lekker naby aan die stapstrand, stil en mooi omgewing. Kan ook hoofstrand en Spar toe stap.
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Melinda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 41

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Hartstraat 3, Gonubie, Oos-Londen, 5257, Oos-Kaap
  • Gaste dink Ocean Bed het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hartstraat 3, Gonubie, Oos-Londen, 5257, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5290842fd674ed00c3af65a6b1fd439ebeebc347df0b3b808bb4d0699c90b6289d5252f6d41b06ad0e2baeaeca8dbadc8d63?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 41 5 1 5 3 Hart Street Gonubie 5257 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -32.944099368048 28.024680018425

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang