Ocean Breeze
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 07:00 - Adres: Ocean View-weg 6, Marina Beach, Southbroom, 4281, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Ocean Breeze is 'n selfsorg-vakansiehuis in Marina Beach in KwaZulu-Natal. Dié area is net suid van Margate tussen die dorpies San Lameer en Southbroom. Die huis is naby die hoofstrand en strandmeer waar besoekers kan visvang.
Die huis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n buitekamer met 'n en suite-badkamer. Die hoof- en tweede slaapkamer het dubbelbeddens en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Die buitekamer het ook 'n dubbelbed.
Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. 'n Wasmasjien is in die motorhuis beskikbaar. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste kan hul eie dekodeerders en slimkaarte bring.
Die balkon het 'n tafel en stoele en bied 'n uitsig oor die swembad en die see. Die perseel is omhein en het 'n alarmstelsel.
Gaan stap in die dorpie of op die strand en geniet Marina Beach se natuurskoon en diere. Daar is apies, bosbokke, blouduikers en verskeie voëls in die omgewing. By Marina Beach se ingang is 'n winkeltjie, en in die dorpie is 'n pizzaplek, kwekery en die gewilde Blouvlagstrand met 'n restaurant en getypoel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Hannes Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 8
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Ocean View-weg 6, Marina Beach, Southbroom, 4281, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Ocean Breeze het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marina Beach Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 07:00 - Adres: Ocean View-weg 6, Marina Beach, Southbroom, 4281, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang