Ocean Haven
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Maxwell-laan 183, Ocean View, Bluff, Durban, 4052, KwaZulu-Natal
- Vanaf R5 000 per nag, vir 14 mense
Beskrywing
Ocean Haven is in Ocean View, Bluff, geleë en bied gehalteverblyf vir 'n groot gesin of groep vriende. Dit is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.
Die verblyf bestaan uit die hoofhuis met 6 slaapkamers, 'n aparte woonstel met 1 slaapkamer, asook 'n aparte kamer, en kan tot 14 gaste op 'n slag akkommodeer. In die hoofhuis het die hoofslaapkamer 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n stapelbed en 1 enkelbed. Die vierde slaapkamer het ook 'n dubbelbed. Daar is 'n aparte badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak, asook 'n gastetoilet. Al die kamers beskik oor lugversorging.
Die aparte kamer het 'n waaier en is ingerig met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.
Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.
Die sitkamer het gemaklike rusbanke asook 'n eetarea met oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Gaste kan ook komplimentêre WiFi-toegang geniet.
Die hoofhuis loop uit op 'n houtdek met pragtige see-uitsigte.
Die woonstel het 'n dubbelbed in die kamer en 1 enkelbed in die leefarea. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Dit het 'n kombuis wat toegerus is met 'n stoof en oond, 'n yskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.
Daar is lieflike braaigeriewe beskikbaar vir gaste se gebruik tydens hul verblyf.
Aan die voorkant van die huis is 'n dubbelmotorhuis en aan die agterkant 'n lekker swembad en 'n skuins tuin.
Die Bluff-gholfbaan is ook binne maklike bereik vir gholf-entoesiaste.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Nico Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Maxwell-laan 183, Ocean View, Bluff, Durban, 4052, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Ocean Haven het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Ocean View Ansteys Beach Durban KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Maxwell-laan 183, Ocean View, Bluff, Durban, 4052, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang