Ocean Mist
Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4. Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 30 Sep 2024.
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Milkwood Glen, Keurboomstrand, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
-
Vanaf
R5 500R4 400 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Ocean Mist is 'n pragtige strandhuis op 'n privaat landgoed langs die kus in Keurboomstrand naby Plettenbergbaai. Dis ideaal vir gesinne, wittebroodpaartjies of vakansiegangers wat na ruimte, vrede, natuur, luilekker dae en lekker lang stappies smag.
Daar is 4 slaapkamers, 'n oopplan-leefarea en 'n TV-kamer wat alles na buite lei. Buite is daar 'n etenstafel onder 'n rietbedekking en 'n swembad met 'n swembad-net. Gaste het ook toegang tot WiFi.
Twee slaapkamers het 'n koninggrootte-bed en die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die eerste 3 slaapkamers het elk 'n en suite-badkamer en twee van die en suites het elk 'n toilet, bad en 'n stort. Die laaste en suite het 'n toilet en 'n stort.
Ocean Mist spog met pragtige grasperke wat na Keurboom se ongerepte strand lei en mis wat van die see af instoot. Gaste kan 'n uitsig oor die oseaan geniet, na die brekende branders luister en die skilderagtige Keurboomstrand te voet gaan verken. Sekere maande in die jaar kan jy selfs snags die walvisse hoor blaas. Daarbenewens is Ocean Mist ideaal geleë om die Tuinroete te verken.
Keurboomstrand is nog ongerep en hiér kan gaste ver op 'n mistige strand gaan stap en privaatheid kan geniet.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Linda Geverifieer
Eiendomme 21
Resensies 15
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Milkwood Glen, Keurboomstrand, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Ocean Mist het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Milkwood Glen, Keurboomstrand, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang