Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ocean Park View Townhouse

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Braeside-weg 3, Groenpunt, Kaapstad, 8051, Wes-Kaap
  • Vanaf R8 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Ocean Park View Townhouse is 'n kontemporêre selfsorghuis in die hartjie van Groenpunt. Die eiendom is sentraal geleë naby alle geriewe, insluitend parke, restaurante en die V&A Waterfront, wat dit ideaal maak vir vakansie- of sakereisigers.

Dié gerieflik gemeubileerde huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die ruim hoofslaapkamer het 'n privaat patio met see-uitsigte, is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, terwyl die derde slaapkamer 'n enkelbed sowel as 'n slaapbank het. Hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, konveksie-mikrogolfoond, broodrooster, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware, asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n 6-8 sitplek-eettafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet asook 'n sitarea waar gaste kan ontspan.

Daar is 'n knus sitkamer met gemaklike rusbanke, 'n slim-TV en 'n kaggel vir daardie koue winteraande. Vir diegene wat bietjie werk wil kry, is 'n lessenaar en gratis WiFi in die slaapkamers beskikbaar. Buite die huis is daar 'n patio met braaigeriewe en buitemeubels, wat 'n ideale plek is vir 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie. 'n Enkelmotorhuis is beskikbaar om een motor te parkeer. 'n Bykomende klein motor kan in die straat buite die motorhuis geparkeer word.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Enkelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ligging

  • Braeside-weg 3, Groenpunt, Kaapstad, 8051, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 8 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 8 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Braeside-weg 3, Groenpunt, Kaapstad, 8051, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8d01e17500fed66a220d1c203b3daaf8f48fe09132c0a7dfcd1b6abbea65c2ee4520d1c4fc36b6210bfc4c3cc157f970e195?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R8 500 per nag (plek vir 6) 3 Braeside Road Green Point 8051 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -33.909661466722 18.405735412268

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang