Ocean Pearl
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ocean Pearl, River Club, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R1 300 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Ocean Pearl is 'n sjiek selfsorg-eenheid op die grondverdeiping op die River Club-landgoed in Plettenbergbaai. Dit is langs die Piesangrivier geleë en gaste wat die landgoed besoek kan 'n piekniek daar geniet, op die plankpaadjie wandel of visvang. Die landgoed bied 24 uur-sekuriteit, 'n gemeenskaplike swembad, muurbalbane, tennisbane en dit is naby 'n Blouvlagstrand. Die Kwik Spar-winkelsentrum met restaurante, apteek, drankwinkel, vulstasie en kitsbanke is naby.
Die eenheid bied slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n enkelbed en 'n lessenaar. Die tweede gedeelde badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-slim-TV teen die muur met Netflix, Showmax en DStv Now. Gratis WiFi is beskikbaar. Die leefarea maak op 'n stoep met 'n etenstafel en braaigeriewe oop. Parkeerplek is in die kompleks beskikbaar.
Doendinge in die omtrek sluit voetslaan, bergfiets- en perdy, watersport soos seil, fantastiese rots- en branderplankhengel en skubaduik in. Gaste kan wynlandgoedere besoek vir 'n wynproe of 'n heerlike ete tussen wingerde wat 'n uitsig op die Tsitsikammaberge bied. Wynliefhebbers sal gaande wees oor die wynplase in die omgewing.
Plettenbergbaai het ook ryk marienelewe. Tussen Julie en Desember kan Suidelike noordkapperwalvisse gesien word. Die relatiewe warm water is die perfekte plek vir hulle om te kom baljaar en te kalf en dié spektakel kan van die land of per boot gesien word. Dan is skole dolfyne ook volop. Gaste kan 'n boottoer of mariene-safari reël.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Melanie Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 67
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Ocean Pearl, River Club, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Ocean Pearl het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Piesangvallei Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ocean Pearl, River Club, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang