Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ocean Tides 35

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Otto du Plessis-rylaan 1000, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Ocean Tides 35 is 'n lieflike selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Bloubergstrand. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n gesin of 'n groep vriende wat die kuslyn van die Moederstad wil verken.

Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer met lugversorging is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander 2 slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en deel die tweede badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met Netflix. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Deur die agterdeur is 'n sonnige patio met tafels en stoele en die sitkamer maak oop op 'n balkon waar gaste 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie kan geniet. Die ligging van hierdie woonstel is net 'n kort entjie vanaf die gewilde Eden on the Bay, die strand, 'n branderplankryklub asook baie winkels en restaurante.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet
Badkamer 3

Toilet

Kenmerke

Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Host Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 689

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Otto du Plessis-rylaan 1000, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Otto du Plessis-rylaan 1000, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3cc0832af27479f55d69a812b7b11280d28accad624ba14168c383a3b448ed31f87fedb5df6aa316398c59a2117f2f584a99?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6) 1000 Otto du Plessis Drive Bloubergstrand 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.797729613789 18.462412690807

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang