Ocean View A201A
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 14
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Coral-weg 13, Ocean View A201A, Bloubergstand, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R1 195 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Ocean View A201A is 'n pragtige selfsorgvakansiewoonstel wat ideaal geleë is in 'n veilige kompleks in die hartjie van die lewendige area Bloubergstand. Dit spog met lieflike see-uitsigte, wat dit 'n ideale opsie maak vir 'n paartjie wat die kuslyn van die Moederstad wil verken.
Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 2 gaste op 'n slag en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Skerp wit linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n studeertafel en 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Deur die skuifdeure is 'n balkon met buitesitplek en 'n Weber-braai wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie terwyl jy die see-uitsigte bewonder. Gaste kry veilige parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Ligging
- Coral-weg 13, Ocean View A201A, Bloubergstand, 7441, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Table View Bloubergstrand Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders onder 14
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Coral-weg 13, Ocean View A201A, Bloubergstand, 7441, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang