Ocean View 93
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ocean View-rylaan 93, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Vanaf R4 261 per nag (plek vir 11)
Beskrywing
Ocean View 93 is 'n ruim selfsorgvakansiehuis wat spog met lieflike see-uitsigte vanaf die leefarea en voorste balkon. Geleë in die hartjie van Struisbaai is dit 'n wonderlike opsie vir 'n kuswegbreek aangesien hierdie huis stapafstand van die strand af is.
Dié dubbelverdieping-eiendom bied gerieflike slaapplek vir 11 gaste op 'n slag en beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens, nog 3 slaapkamers het elk 'n dubbelbed en die vyfde slaapkamer het 'n enkelbed en 'n dubbelbed. Twee van die badkamers het net 'n stort, terwyl die oorblywende 2 badkamers 'n bad en 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die ruim oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n opwaskamer met 'n skottelgoedwasser. Vanuit hierdie kombuis lei 'n etenstafel en 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n binnebraai. Dié huis het ook 'n vermaakarea met 'n kroeg, 'n tweede ingeboude braai en 'n sitkamer met 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Die boonste vlak van die huis maak oop op 'n ruim balkon waar gaste 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie kan geniet terwyl hulle oor die see uitkyk. Gaste kry veilige parkeerplek in 'n dubbelmotorhuis agter 'n geslote hek op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.2/5
Sanelle Geverifieer
Eiendomme 57
Resensies 62
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Ocean View-rylaan 93, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Agulhas Struisbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ocean View-rylaan 93, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang