Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ocean View A1101

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Coral-weg 11, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 528 R2 470 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Ocean View A1101 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige gebou in Bloubergstrand. Die kompleks is net 200 m vanaf die strand en naby verskeie restaurante, winkels en kroeë in die area.

Die pragtige woonstel spog met vensters wat vanaf die vloer tot by die dak strek en 'n onbelemmerde uitsig op Tafelberg en oor Bloubergstrand vanuit die bed of vanaf die rusbank bied. Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea en -kombuis. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede, aparte badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Al die slaapkamers het ingeboude kaste.

Die kombuis is met al die nodige toebehore toegerus om maaltye voor te berei en sluit 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër in. Die kombuiskaste skei die kombuis van die leefarea en kan ook as 'n werkspasie of opdienplek ingespan word. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met sitplek, rusbanke en 'n slim-TV met Netflix.

Gratis WiFi word voorsien en die eenheid het 'n veilige, aangewese parkeerplek. Ocean View A1101 is ook net 18 km vanaf die stad se sakekern en 30 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe. Die woonstel word nie deur beurtkrag geraak nie, want dit is met 'n omsetter toegerus wat die TV en WiFi gedurende beurtkrag aan die gang hou.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 4 resensies vir Ocean View A1101
Netheid
4.5/5
Diens
4.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.2/5

FZP/CTHA Geverifieer

Eiendomme 72

Resensies 235

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Coral-weg 11, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ocean View A1101 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 528
R3 528 R2 470
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 528
R3 528 R2 470
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Coral-weg 11, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd603c046f3e2daba06d9d869e8ba4ac757d4c94fdb833531099ebe6a942961377b12d607a896bdbdfd779c68282033195523?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 528 nouVanaf R2 470 per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 11 Coral Road Bloubergstrand 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.818417 18.47525

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang