Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oceanic

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 3 Mei 2024 tot 30 Nov 2024.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandstraat 14, Elandsbaai, 8110, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 000 R1 700 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Oceanic is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in Elandsbaai aan die Weskus en bied direkte toegang tot die strand, 'n asemrowende uitsig oor die see en op die Bobbejaanberge vanaf al die slaapkamers, en is naby winkels en restaurante geleë.

Al die kamers het 'n see-uitsig en plafonwaaiers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie gaste deel 'n badkamer wat 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas met 'n ingeboude waterhouer, mikrogolfoond, wasmasjien, vrugteskommelmaker, eetgerei, breekware, potte en braaitoebehore toegerus. Daar is 'n wasgoedlyn buite met wagoedpennetjies, 'n strykyster en strykplank.

Die leefarea het gemaklike rusbanke, dakwaaiers, 'n slim-platskerm-TV met Netflix en die volle DStv-pakket, 'n etenstafel met genoeg sitplek, 'n kaggel en buite braai-area. Die slim-TV het Netflix en YouTube. WiFi is ook beskikbaar.

'n Dompelkoffiepot en 'n stoofketel is beskikbaar vir koffie tydens beurtkrag. Daar is ook herlaaibare flitse in elke kamer en die kombuis.

Die sitarea en die stoep-areas bied ononderbroke uitsigte oor die see en op die Bobbejaanberg. Daar is ook 'n etenstafel en stoele waar gaste die uitsigte kan geniet.

Daar is oorgenoeg speelplek en parkeerplek vir voertuie en waentjies. Daar is ook 'n alarmsisteem. Die huis bied direkte strandtoegang en is 400 m vanaf die hoofstrand, restaurante, winkels, museum en die plaaslike kroeg.

Elandsbaai is 'n gewilde kusdorpie en bekend vir fantastiese branderplankry-geleenthede, die natuurwonders van Verlorenvlei, riviermond en die skoon, ongerepte strand wat kilometers ver strek.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Gedeelde dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 10 resensies vir Oceanic
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Michele Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Strandstraat 14, Elandsbaai, 8110, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oceanic het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
R2 000 R1 700
per nag, vir 6 mense
Vanaf R2 000
R2 000 R1 700
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandstraat 14, Elandsbaai, 8110, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA426d1d012eac8cb847a3488e67d7c0c9d27456f28f60df5106c033a7d313c22a27ed2f91c22b1b1f1d7cf7f43ba99bf884da?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 000 nouVanaf R1 700 per nag, vir 6 mense 10 5 1 5 14 Strand Street Elands Bay 8110 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -32.311394872431 18.341137347221

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang