Oceanpearl 209
Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 13 Nov 2024 tot 31 Mrt 2025.
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 17, Peninsula Bay 23, Strand, 7140, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 250R1 063 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Oceanpearl 209 is 'n gerieflike selfsorgwoonstel in die Ocean Breeze Hotel in Strand. Dit is 'n privaat eenheid wat nie gekoppel is aan die hotel nie. Dit bied slaapplek aan 2 gaste en is net 200 m van die strand af.
Die woonstel op die tweede verdieping. Dit is bereikbaar met 'n hysbak van die onderdakparkeerplek tot by die woonstel. Die woonstel het gratis en veilige onderdakparkeerplek agter 'n sekuriteitshek.
Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, en 'n privaat badkamer met 'n stort-oor-bad. Daar is 'n TV met die volle DStv-pakket in die slaapkamer. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is met 'n tweeplaatstoof, elektriese braaipan, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel. Die sitarea lei na 'n balkon met 'n see-uitsig. Die hele woonstel het 'n see-uitsig en die geluid van die see kan die hele tyd gehoor word. Die strand is net oorkant die pad.
Internetpakkette is by ontvangs te koop.
Gaste kan in die gemeenskaplike swembad afkoel gedurende die somermaande of 'n kort entjie na die strand toe stap om te gaan swem, branderplankry, visvang of walviskyk gedurende die seisoen. Daar is ook verskeie restaurante met 'n verskeidenheid van spyskaarte in Kusweg wat naby die eenheid is.
Vir 'n daguitstappie is Kaapstad, Stellenbosch en Hermanus pragtige plekke om te verken. Daar is ook verskeie wynroetes in die omtrek.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Michelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 26
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Kusweg 17, Peninsula Bay 23, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink Oceanpearl 209 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 17, Peninsula Bay 23, Strand, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang