OceanVilla:Two94
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sandhills Place 294, Prince's Grant Golflandgoed, KwaDukuza, 4450, KwaZulu-Natal
- Vanaf R5 750 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
OceanVilla:Two94 is 'n bekoorlike selfsorghuis aan die einde van Sandhills-weg, langs die Prince's Grant Golflandgoed North Beach-ingang, en is ideaal vir groter families of vriende. Hierdie ruim en rustige verblyf is tussen groot bome geleë en is stapafstand vanaf die strand.
Hierdie villa bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 6 slaapkamers, 6 modern ontwerpte badkamers, 'n oopplan-kombuis, -eet- en -leefarea. Die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer het elk 'n koninggrootte-bed. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-bakdamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet terwyl die tweede slaapkamer 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet het. Die res van die kamers is op die grondverdieping. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed terwyl die vyfde en sesde slaapkamers elk 'n koningingrootte-bed het. Gaste in hierdie kamers deel 2 badkamers met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n aparte toilet. Skoon wit linne word voorsien.
Daar is 'n oopplan-kombuis, 'n groot eetarea en 'n sitarea op die boonste verdieping. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n sentrale toonbank met stoele. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die groot deure in die sitarea lei na 'n buitelug-vermaakarea. Daar is lieflike sitplek en braaigeriewe, asook 'n Jacuzzi met 'n uitsig oor die swembad en die vuurput.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Jacuzzi
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Pascale Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 7
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Sandhills Place 294, Prince's Grant Golflandgoed, KwaDukuza, 4450, KwaZulu-Natal
- Gaste dink OceanVilla:Two94 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Prince`s Grant Golf Estate Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sandhills Place 294, Prince's Grant Golflandgoed, KwaDukuza, 4450, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang