Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Octopus Garden

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Afrikanderweg 4, Murdock Valley, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Octopus Garden is 'n selfsorgvakansiehuis met 'n asemrowende uitsig oor Valsbaai in Murdock Valley-Noord. Die huis is aan die einde van 'n keeromstraat in 'n rustige buurt met lieflike bergroetes op die voorstoep geleë.

Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers waarvan 2 na die see front. Die derde slaapkamer is apart van die huis geleë. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Dié slaapkamer het ook 'n deur wat na die swembadarea lei. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. 'n Gastetoilet is ook beskikbaar. Al die beddens is met perkallinne oorgetrek.

Die huis beskik oor 'n oopplankombuis, -eetarea en -sitarea. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste. 'n Paar trappies lei af na 'n sitarea met rusbanke en 'n platskerm-TV. WiFi is ook beskikbaar. Die sitarea bied toegang tot 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en braaigeriewe.

Buite is daar 'n swembad wat teen die wind beskut is. Die stoep is die perfekte plek waar gaste kan ontspan terwyl hulle hul maaltye en drankies geniet.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Spaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Elektriese kombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Nick Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 2

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Afrikanderweg 4, Murdock Valley, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
  • Gaste dink Octopus Garden het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R5 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R5 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Afrikanderweg 4, Murdock Valley, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4c9dd5ce05b9afee29925cf7ea4fe737701644eddd3c0d1f2cc9dc2a1d7a929662bf6d1164e22d182ea0b7d87b227d5565a7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 000 per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 4 Afrikander Road Murdock Valley 7975 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.208148933557 18.456676862587

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang