Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

OënaBo

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 5, Loxton, 6985, Noord-Kaap
  • Vanaf R485 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

OënaBo bied gerieflike selfsorg-oornagverblyf vir 2 gaste in die stil dorpie Loxton.

Die oopplan-woonstel is apart van die hoofhuis waar die eienaars woon en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien, asook sjampoe en seep. Die warm water word deur 'n gasgeiser voorsien.

Die kombuis is met 'n tweeplaat-gasstoof, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware, broodrooster, potte, panne en ketel toegerus. Daar is ook 'n elektriese kombers vir die winter. Gaste kan hul maaltye by die klein etenstafel binne of buite geniet. Koffie, tee, suiker, melk en beskuit word voorsien vir 'n vinnige happie.

Daar is 'n buitebraai met hout beskikbaar. Veilige onderdakparkeerplek vir 'n voertuig en karavaan is beskikbaar. Kinders onder 18 jaar word ongelukkig nie toegelaat nie. Die eiendom het 'n druk waterstelsel vir gebruik gedurende munisipale onderbrekings. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.
Daar is geen DStv nie, maar 'n radio is wel beskikbaar.
Gaste kan saans die sterrehemel geniet, dalk gedurende die winter sneeu ervaar en in die lente sien hoe die peerbome in die strate begin blom. Gaste kan ook die unieke korbeelhuisies op die plase om Loxton besoek. Let wel dat Loxton nie 'n bank of OTM het nie en dat gaste asseblief enige uitstaande balans vir verblyf voor aankoms moet vereffen.

Brandstof is net by die koöperasie beskikbaar gedurende winkelure. Die straatadres word op die munisipale rekening as Kerkstraat 5 aangedui, maar op die GPS as Carnarvon-straat 5.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Leefarea 1 Badkamer

Leefarea

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Klein kombuis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 58 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Peter H
5.0
Easy and convenient overnight stay. This was an amazing little hideaway for a stopover en route and a perfect spot to explore the frien...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Juanita M
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon, netjies, alles wat nodig is en aangenaam. Was aangenaam en het alles gehad wat nodig was. Ons was vriendelik ontvang, en alles was soos op die ...
Sien meer
Okt 2024
Zania V
Saam met lewensmaat
5.0
Sal weer kom kuier. Dankie vir julle vriendelike ontvangs. Julle plekkie is pragtig.
Sep 2024
Carolina V
Besigheidsreis
5.0
Pragtige oornagplek. Heerlike netjiese verblyf. Ligging perfek! Vriendelike ontvangs.
Jun 2024
Pierre N
Saam met lewensmaat
5.0
Loxton is 'n klein juweel en rustig. Baie netjiese plekkie, veilig, en met alles toegerus. Ons het 2 nagte by die lieflike gasvrye mense oorgebly. Ons...
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Dinah Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 58

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Kerkstraat 5, Loxton, 6985, Noord-Kaap
  • Gaste dink OënaBo het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Loxton Karoo Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R 485
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 485
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 5, Loxton, 6985, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA668dbf3c5db3151f7d0e6a12397f75306869e088bbf0d2a3d936b1c01d272faedbac9c0341522e6d73acfb9ca474c06a14dc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R485 per nag, vir 2 mense 58 5 1 5 5 Church Street Loxton 6985 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.478677761213 22.355185980354

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang