OënaBo
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 5, Loxton, 6985, Noord-Kaap
- Vanaf R485 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
OënaBo bied gaste gerieflik gemeubileerde selfsorg-oornagverblyf vir 2 mense in die stil dorpie Loxton.
Die oopplan-woonstel is apart van die hoofhuis waar die eienaars woon geleë en is ingerig met 'n dubbelbed, en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Gerieflikheidshalwe word linne en badhanddoeke voorsien asook sjampoe en seep. Warm water word deur 'n gasgeiser voorsien.
Die kombuis is toegerus met 'n tweeplaatstoof, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, eetgerei en breekware, 'n broodrooster, potte en panne, asook 'n ketel, en etes kan by die klein etenstafel binne of buite geniet word. Daar is ook 'n elektriese kombers vir die winter. Koffie, tee, suiker, melk en beskuit word voorsien vir 'n vinnige versnapering.
'n Buitebraai-area met vuurmaakhout is beskikbaar. Veilige onderdakparkeerplek vir 'n voertuig en karavaan is beskikbaar vir gaste om te gebruik. Ongelukkig kan kinders onder die ouderdom van 18 nie geakkommodeer word nie. Die eiendom is toegerus met 'n waterstelsel vir gebruik tydens enige munisipale onderbrekings. Troeteldiere kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie.
Daar is geen DStv nie, maar 'n radio is beskikbaar.
In die nag bekyk gaste die sterrehemel, en in die winter het gaste 'n kans om sneeu te ervaar en in die lente, sien hulle die peerbome wat baie strate in blom staan, of besoek en bekyk die unieke Corbelled Houses wat op die plase rondom Loxton gevind kan word. . Neem asseblief kennis dat Loxton nie 'n bank of OTM het nie, en enige uitstaande balans moet voor inklok betaal word.
Brandstof is slegs gedurende kantoorure by die boer se koöperasie beskikbaar. Op die munisipaliteit se rekening verskyn die straatadres as Kerkstraat 5, maar op die GPS is dit Carnarvonstraat 5.
Kamer-opset
Leefarea
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
- Waaier
- Klein kombuis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Dinah Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 58
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Kerkstraat 5, Loxton, 6985, Noord-Kaap
- Gaste dink OënaBo het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Loxton Karoo Noord-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 5, Loxton, 6985, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang