Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oewerzicht Farm Cottages

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Krige-weg, Oewerzichtplaas, Greyton, 7233, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Oewerzicht Farm Cottages is in die rustige en skilderagtige Greytonvallei, slegs 9 km vanaf Greyton geleë. Dié plaas produseer vars appels en pere vanaf Januarie tot Mei. Die res van die 600 hektaar-plaas is vol koring, 'n groot trop skape en, as mens gelukkig is, kan jy 'n trop ribbokke sien wat vrylik op die plaas rondbeweeg. Voëlliefhebbers sal ook onder meer bloukraanvoëls, sekretarisvoëls en tarentale kan gewaar.

Verblyf word in verskeie selfsorgkothuise gebied wat in almal se behoeftes voorsien. Die Stone Cottages is aan die rivier-oewer geleë en elkeen het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer, 'n kombuis met 'n binnebraai wat lei na 'n houtdek met 'n privaat houtvuurwarmbad, 'n kaggel en 'n privaat stoep met braaigeriewe. Elke warmbad sal met aankoms aangesit word en addisionele hout kan vooraf by die kantoor gekoop word.

Daar is 3 plaaskothuise sowat 50 m vanaf die rivier genaamd Bergzicht, Welgelee en Citrus. Bergzicht en Welgelee is semi-losstaande. Een van hierdie eenhede het 'n dubbelbed en die ander het 'n koningingrootte-bed. Albei eenhede het 2 enkelbeddens in die leefarea. Verder het elke kothuis ook 'n binne- en buitebraai-area en 'n lieflike, groot stoep. Welgelee het 'n privaat warmbad. Citrus se hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens en die woonstel het 'n dubbelbed en 'n privaat warmbad op die stoep.

Die Uitsig-area het 4 losstaande kothuise langs mekaar wat rivier- en berge-uitsigte bied. Elke kothuis het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Een kamer het 'n koningingrootte-bed en die ander kamer het 2 enkelbeddens. In elke eenheid is daar 'n oopplan-kombuis en -leefarea met buitebraaigeriewe. Hierdie kothuise het ook 'n swembad tussen hulle. Uitsig 1, 2, 3 en 4 het privaat warmbaddens op die stoepe.

Al die kothuise is volledig toegerus met al die belangrike toebehore. Badhanddoeke en linne word voorsien.

Gaste is welkom om op die plaas te wandel of hulle eie bergfietse saam te bring.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Blaaibord
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 125 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Megan V
Saam met vriende
5.0
Baie lekker gekuier. Bitter baie lekker gebly. Plek was skoon en netjies.
Nov 2024
Hendrik Cornelius K
Saam met vriende
5.0
Stil, rustig, luuks. Die plek bly 'n juweel. Alles was netjies en skoon, goed toegerus.
Okt 2024
Marianna J
Saam met lewensmaat
5.0
Salig, stressloos en goed vir die siel. Baie lekker gebly, pragtige plekkie.
Okt 2024
Stephen L
Saam met lewensmaat
5.0
Brilliant stay. The perfect location on the river, the cottage has everything that you could need for a weekend's stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Dane O
Gesin met klein kinders
5.0
Fantasties. Fantasties. Ons het dit baie geniet en sal sterk aanbeveel.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Antoinette Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 155

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Krige-weg, Oewerzichtplaas, Greyton, 7233, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oewerzicht Farm Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 40 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Krige-weg, Oewerzichtplaas, Greyton, 7233, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA553e0235357603017594998d494dc78f6eb70a4bb4bf9274fd475d6239dcfd3cffc7a75ce3b44c3683c59b2e52003c29e698?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2) 125 5 1 5 Krige Road Oewerzicht Farm 7233 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.103507534932 19.668501913548

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang