Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Old Mill Drift Guest Farm

Spesiale Aanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 1 Okt 2024 tot 10 Des 2024.

  • Kapasiteit: 209 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beginsel-plaas, Fouriesburg-distrik, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R404 R269 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Old Mill Drift Guest Farm is 'n troeteldiervriendelike bergparadys wat sowat 27 km vanaf Clarens geleë is. Die perseel strek 14 km langs die rivier af en skuil in die Malotiberge wat beteken dat die natuurskoon bitter indrukwekkend is.

Die plaas het plek-plek woudlandskap en daar is 3 natuurlike fonteine, natuurlike poele, 3 damme en klein watervalle wat slegs gedurende somer gesien word. Die plaas is perfek geleë vir paartjies, gesinne en vriendegroepe wat wil wegbreek. Ons huur ook ons geskiedkundige meule uit vir funksies. Die meule het 'n groot dek wat oor die dam uitkyk en asemrowende uitsigte oor die Caledonrivier in Lesotho se rigting bied.

Verblyf word gebied in 4 chalets, 2 lodges, 2 wendy-huise, 1 selfsorgeenheid, 5 ruim kampeerplekke en kampeerplekke sonder elektrisiteit. Geriewe op die perseel sluit selfsorgeenhede met kaggels, stoepe met uitsigte, privaat braai-areas met 'n vuurput, piekniekplek in. WiFi is teen 'n ekstra koste beskikbaar.

Aktiwiteite op die perseel sluit verskeie roetes soos voetslaan-, 4x4-, MTB-, avontuurfietsry, enduro-, hardloop- en perdryroetes in. Ander aktiwiteite sluit hengel, voëlkyk, begeleide staproetes, swem in die dam en rivier, riviervlotvaart, 'n dinosourus-vindplek, sterrekyk en vele meer in.

Doendinge en besienswaardighede in die omgewing sluit die Golden Gate Nasionale Park, Clarens, Fouriesburg kroeë. restaurante, perdrylesse, gholf, grotte, inkopies en spas in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 121 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.2
Veiligheid
4.5
Wat gaste dink
Hestè N
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige kuier in 'n mooi omgewing. Die eenheid was goed toegerus met 'n heerlike kaggel. Die uitsig oor die vallei was uitsonderlik. Ons is vriendelik...
Sien meer
Jun 2024
Johan C
5.0
Baie dankie, ons het heerlik gekuier, gestap in die berg en gebraai. Heerlik. Die huis is basies, maar gerieflik. Alles was mooi skoon en daar is geno...
Sien meer
Mei 2024
Janetta D
Saam met lewensmaat
5.0
Word vriendelik ontvang, geniet die natuurskoon tussen die berge. Perfekte naweek wegbreek. Baie lekker en mooi verblyf.
Mrt 2024
Craig M
Saam met lewensmaat
5.0
Peaceful. Was great, thank you. We will be back.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Elsie G
5.0
Baie lekker. My seun het gegaan om weg te kom van die stad en hy is mal oor die plek. Hy sal graag weer gaan en byvoorbeeld gaan stap in die berge an ...
Sien meer
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Ciarra Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 121

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Beginsel-plaas, Fouriesburg-distrik, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Old Mill Drift Guest Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R404
R404 R269
per nag, vir 2 mense
Vanaf R404
R404 R269
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 209 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beginsel-plaas, Fouriesburg-distrik, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDgyMDNlYWRkLTRlNDEtNGRhZi1iNzhiLTkzYjk4N2UxYTYxMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R404 nouVanaf R269 per nag, vir 2 mense 121 5 1 5 Farm Beginsel District Fouriesburg 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -28.609555555556 28.451833333333

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang