Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Old Sam's Cottage

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Rhenosterfontein-plaas, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Old Sam's Cottage is in 'n wildkamp, net 9,5 km vanaf Bredasdorp, die hartjie van die Overberg se kreatiwiteit en kookkuns, geleë. By Old Sam's Cottage word stilte en rustigheid vervleg. Die kothuis is ook net 41 km van De Hoop Natuurreservaat af.

Die kothuis bied slaapplek aan 2 gaste in 'n slaapkamer met 'n dubbelbed, luukse linne en 'n gasverwarmer vir die kouer aande. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die leefarea en kombuis het 'n oopplan-uitleg. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, 2 gasplate, eetgerei en breekware toegerus. Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met sitplek, 'n piekniektafel en 'n ingeboude braai. Die stoep is die perfekte plek vanwaar gaste die sonsondergang oor die plaas kan bewonder.

Hierdie kothuis sal gaste terugneem in tyd. Daar is geen elektrisiteit nie en water word deur 'n gasgeiser verhit. Die kothuis se ongekunstelde atmosfeer word verder deur lanterns en herlaaibare ligte beklemtoon. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die plaas het 'n sirkelfietsroete wat 15 km lank is en die nabygeleë Karsrivier is ideaal vir visvang. Stappers sal dit geniet om in die duineveld te gaan stap en gaste kan gerus in die kothuis se kano op die Karsrivier gaan roei. Die groot verskeidenheid voëlspesies is enige voëlkyk-entoesias se droom en daar woon elande, springbokke en sebras in die wildkamp.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 78 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Arno K
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige plekkie net buite Bredasdorp. Geen krag nie, so als loop op gas, maar daar is genoeg kerse en battery ligte om als te belig. Daar is zebras, e...
Sien meer
Okt 2024
Jacques M
Saam met lewensmaat
5.0
Lieflike natuur en baie rustig. Ons het die tyd weg baie geniet, sal vir seker weer daar gaan bly.
Sep 2024
Timothy R
Saam met lewensmaat
5.0
Enjoyable - I would recommend it to friends and family. Just what we needed - a complete change and rest.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024
Madeleen R
Saam met lewensmaat
5.0
Vir totaal afskakel en net herlaai is dit die plek! Ons het heerlik gebly. Goed uitgerus en is reg vir die res van die jaar se harde werk. Die naweek ...
Sien meer
Apr 2024
Elle B
Saam met lewensmaat
5.0
Besonders rustig. Ideaal vir afskakel. Pragtige plekkie! Baie goed geleë; naby genoeg aan Bredasdorp, vir kruideniers, en kusdorpies soos L'Agulhas vi...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Cecilia Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 134

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Rhenosterfontein-plaas, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink Old Sam's Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Rhenosterfontein-plaas, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa964658df23bd470b5eb84b4d339fd932ee289bb889bd6edf8687a06242180abd788f896f5da1c746b72e0a27dbcc10bece3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 78 5 1 5 Rhenosterfontien Farm Bredasdorp 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -34.494938449858 20.118643641472

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang