Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Old Willow No.7 Houseboat Charters

Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 19 Sep 2024 tot 4 Okt 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 45 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 7 Korhaan River Estate, Wonderfontein-weg, Sasolburg, 1947, Vrystaat
  • Vanaf R1 500 R1 350 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Old Willow No.7 Houseboat Charters gee gaste die kans om op 'n huisboot op die Vaalrivier te slaap. Old Willow No.7 Houseboat Charters is op die Korhaan River Estate in Sasolburg geleë en spog met die uitsig, klanke en opwinding van 'n selfsorg-riviervaart.

Verblyf word in 9 huisbote wat volgens die hoogste veiligheidstandaarde vervaardig is, gebied. Gaste hoef slegs hul klere, kos en handdoeke saam te bring. Elke huisboot bestaan uit 'n voorkajuit met 'n dubbelbed, 'n enkelslaapbank en stoorplek, 'n binne-eetarea wat in 'n dubbelbed omskep word, 'n goed toegeruste kombuis met 'n gasstoof, oond, yskassie en 'n wasbak, en 'n klein badkamer met 'n warmwaterstort, chemiese toilet en 'n wasbak. Buite is daar 'n sitarea onder 'n uittrek-afdak en houtskoolbraaigeriewe. Dekstoele word op die boonste dek voorsien.

Bestuur self die huisboot en navigeer die Vaalrivier-keerwal of vaar al langs Suid-Afrika se mees dinamiese binnelandse waterweg wat oor 55 km strek. Die eienaars is 24 uur per dag beskikbaar en sal gaste touwys maak, hulle help koers kry en hulle leer om die kaptein van hul eie rivieravontuur te wees.

Besoek die besienswaardighede op die oewer, insluitend restaurante, spa's en 'n casino-oord, geniet watersport, kyk huise op Millionaires' Bend, maak lyn nat, steek die braaivleisvuur aan, of ontspan in die tjoep wat agter die boot dryf.

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 47 resensies vir Old Willow No.7 Houseboat Charters
Netheid
4.4/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Philip Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 47

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Erfdeel 7 Korhaan River Estate, Wonderfontein-weg, Sasolburg, 1947, Vrystaat
  • Gaste dink Old Willow No.7 Houseboat Charters het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vrystaat
Vanaf R1 500
R1 500 R1 350
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 500
R1 500 R1 350
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 45 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 7 Korhaan River Estate, Wonderfontein-weg, Sasolburg, 1947, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA335d4f3e0083ea00f42278f77cb1f2bbf08a32e30f61800762aa2738c5d95f555696a6d6551d79161c243450c8883addd2d7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 500 nouVanaf R1 350 per nag, vir 2 mense 47 5 1 5 Plot 7 Korhaan River Estate Wonderfontein Road 1947 Vrystaat 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -26.777752468504 27.769360542297

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang