Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Olienhuys

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
    5 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vleiplaas, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 250 per nag, vir 5 mense

Beskrywing

Olienhuys is op De Pakhuys-plaas in die skilderagtige Agter-Pakhuisvallei, 26 km vanaf Clanwilliam op pad na die historiese Wuperthal-dorpie, geleë. Die plaas word deur die Kruger- en Botha-familie besit en bied gehalteverblyf aan avontuur- en natuurentoesiaste.

Olienhuys is 'n luukse chalet wat na die bome in die omgewing vernoem is. Dié chalet bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n aparte toilet. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n enkelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n slaapbank vir 'n kind in die sitarea. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Ander geriewe sluit lugversorging, 'n kaggel en 'n TV met plaaslike kanale in. DStv is beskikbaar, maar gaste moet hul eie dekodeerder en slimkaart saambring.

Die kothuis spog met buitebraaigeriewe en 'n panoramiese uitsig op die Cederberge en is net sowat 50 m vanaf die gemeenskaplike swembad. Aktiwiteite in die omgewing sluit rotsklim, voetslaan en bergfietsry in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

1

1 x Kinderbed vir 1

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Thys Geverifieer

Eiendomme 10

Resensies 169

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Vleiplaas, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Sederberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 2 250
per nag, vir 5 mense
Vanaf
Vanaf R 2 250
per nag, vir 5 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
    5 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vleiplaas, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaad94d962b84553ae8c1b7b389848adfef71552a4be33f7c48e6a1f4f23ea3884f1d9ce87a5630f308e04a6d244b00a90e95?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 250 per nag, vir 5 mense Vleiplaas Clanwilliam 8135 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -32.120584648215 19.059210151632

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang