Olifants River Lodge
- Kapasiteit: 200 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: President-straat 8, Presidentsrus, 25 km vanaf Middelburg, 1050, Mpumalanga
- Vanaf R2 000 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Olifants River Lodge is 'n semi-bosveldparadys in 'n vallei geleë op die oewer van die Groot Olifantsrivier 25 km buite Middelburg en is ideaal vir gaste wat verblyf met oordgeriewe en geriewe soek.
Dié oord bied aan gaste 'n verskeidenheid akkommodasie-opsies soos kampeerplekke, cabanas, houthutte, rondawel-eenhede, 'n chalet, 2-slaapkamerwoonstelle asook 3-slaapkamerwoonstelle. Die kampeerplekke het elektriese punte asook toegang tot 4 ablusieblokke met storte. Al die ander eenhede is óf ingerig met dubbelbeddens óf enkelbeddens en het hul eie badkamers met óf 'n bad óf 'n stort of albei. Alle linne word vir hierdie eenhede voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Slegs die tweeslaapkamer- en die drieslaapkamerwoonstelle beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n sentrale etenstafel. Die ander eenhede het 'n kombuisie wat toegerus is met 'n elektriese pan. Daar is sekere eenhede wat 'n TV met sekere DStv-kanale insluit en sekere eenhede het 'n privaat patio met buitesitplek en 'n vrystaande braai. Toegang tot gratis WiFi is in die gemeenskaplike areas beskikbaar.
Hierdie oord bied ook aan gaste gemeenskaplike geriewe en doendinge soos gemeenskaplike swembaddens, 'n restaurant op die perseel, 'n putt-putt-baan, waterglybane, 'n klubhuis met 'n kroeg, 'n speelpark vir kinders, krieketvelde asook roei op die Olifantsrivier. Boonop is daar konferensiegeriewe met spysenieringsopsies.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Wildritte
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Kantoorgeriewe
- Televisie
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Dream Geverifieer
Eiendomme 19
Resensies 376
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- President-straat 8, Presidentsrus, 25 km vanaf Middelburg, 1050, Mpumalanga
- Gaste dink Olifants River Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Mpumalanga
- Kapasiteit: 200 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: President-straat 8, Presidentsrus, 25 km vanaf Middelburg, 1050, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang