Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Olive Cottage

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 15 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 4 persone
    2 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Crankolaan 26, Kirstenhof, Kaapstad, 7945, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 R1 360 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Olive Cottage is 'n bekoorlike tuinkothuis in Kirstenhof met 'n privaat ingang en die eienaar woon op die aangrensende perseel. Die kothuis is net 5 km vanaf Muizenberg se strand en 2 km vanaf die Steenberg Golf Estate en Constantia Uitsig Wynplaas wat vir hul restaurante, koffiewinkels en 'n fietspark bekend is.

Dié kothuis bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders en het 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelslaapbank vir 2 kinders. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, lugbraaier, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n slim-TV met die volle DStv-pakket en Netflix. Daar is ook 'n eetarea. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die ruim sitarea lei na 'n toegeboude stoep met sitplek en die stoep se skuifdeure lei na 'n lieflike, privaat tuin met braaigeriewe.

Gaste het toegang tot veilige onderdakparkeerplek vir klein tot mediumgrootte voertuie, en die verblyf het 'n alarmstelsel. Blue Route Mall en Pick n Pay is stapafstand vandaf die verblyf. Buitelug-entoesiaste kan Silwermyn-roetes wat 5 km ver is, geniet en dit is ideaal is vir voetslaan en bergfietsry. Hierdie kothuis is 25 km vanaf Kaapstad-middestad wat 'n Medicross en Melomed, minder as 2 km ver, bied.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Leefarea

2

1 x Kinderbank vir 2

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Estelle Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 maande

Ligging

  • Crankolaan 26, Kirstenhof, Kaapstad, 7945, Wes-Kaap
  • Gaste dink Olive Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 600
R 1 600 R 1 360
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 600
R 1 600 R 1 360
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
    2 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Crankolaan 26, Kirstenhof, Kaapstad, 7945, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA88a7fb35c9cfce3ec9e9d48e8ae0871fedfa393887c9828c2bdcc53a74878ccfadc01730ad79068c9ac7b3bb766b7c6656fd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 600 nouVanaf R1 360 per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 26 Cranko Avenue Kirstenhof 7945 Wes-Kaap 021 201 8901 10:00-18:00 10:00 -34.0665469 18.4558183

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang