Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ollava Gastehuis

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 122, Glencairn, 7975, Wes-Kaap
  • Vanaf R500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Ollava Gastehuis is in Glencairn in die Wes-Kaap. Dit is in die Suidelike skiereiland tussen Simonstad en Vishoek geleë.
Die gastehuis is langs ‘n besige pad en die verkeer kalmeer teen 10uur snags, en begin weer teen 5 uur in die oggend.
Verblyf word in verskeie eenhede naamlik Valsbaai, Protea, Seagull en Huis Walvis-Pikkewyn gebied. Al die kamers het 'n privaat ingang, gemaklike beddens en 'n badkamer met 'n stort. Protea het nie 'n see-uitsig nie. Al 4 die ander eenhede het ‘n baie mooi uitsig oor Valsbaai.
Van die kamers is met 'n mikrogolfoond, 'n yskassie en 'n ketel met tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die Walvis-Pikkewyn huis het ‘n selfsorg kombuis. Parkeerplek is voor die huis beskikbaar. Dis nie agter ‘n heining nie.

Huis Walvis-Pikkewyn beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die 2 slaapkamers het elk 'n smart TV en ekstra lang koninggrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n toilet en 'n stort. Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike kombuis wat met 'n twee plaat stoof en oond, yskas-vrieskas, airfryer, koffie perkuleerder, ketel en mikrogolf toegerus is. Daar is ook 'n balkonarea met sitplek en 'n see-uitsig. Gaste het geen toegang tot die swembad. Geen troeteldiere of kinders word toegelaat nie.

Nabygeleë aktiwiteite sluit visvang en swem in. Kaappunt en Boulders-strand waar hulle pikkewyne kan sien is naby.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.4
Veiligheid
4.4

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Retha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Hoofweg 122, Glencairn, 7975, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ollava Gastehuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 122, Glencairn, 7975, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAz5a8UClOmiUDnwaPvMwWho1SKNmdUmuqFBG9016vItngNwlWDH?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R500 per nag (plek vir 2) 16 5 1 5 122 Main Road Glencairn 7975 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.165897 18.431264

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang