Ollava Gastehuis
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg 122, Glencairn, 7975, Wes-Kaap
- Vanaf R500 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Ollava Gastehuis is in Glencairn in die Wes-Kaap. Dit is in die Suidelike skiereiland tussen Simonstad en Vishoek geleë.
Verblyf word in verskeie eenhede naamlik Valsbaai, Protea, Seagull en Huis Walvis-Pikkewyn gebied. Albei kamers het 'n privaat ingang, gemaklike beddens en 'n badkamer met 'n stort. Protea het nie 'n see-uitsig nie, maar Seagull, 'n kamer met 2 beddens, wel.
Die kombuisie is met verhit-en-eetgeriewe, 'n mikrogolfoond, 'n yskassie en 'n ketel met tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Parkeerplek is voor die huis beskikbaar.
Huis Walvis-Pikkewyn beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die 2 slaapkamers het elk 'n ekstra lang koninggrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n toilet en 'n stort. Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike kombuis wat met 'n enkelplaat-induksiestoof, yskas-vrieskas, ketel en mikrogolf toegerus is. Daar is ook 'n balkonarea met sitplek en 'n see-uitsig. Gaste het ook toegang tot die swembad.
Nabygeleë aktiwiteite sluit visvang en swem in. Kaappunt en Boulders-strand waar hulle pikkewyne kan sien en fietsry is ook naby.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Retha Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Hoofweg 122, Glencairn, 7975, Wes-Kaap
- Gaste dink Ollava Gastehuis het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg 122, Glencairn, 7975, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang