Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ombo Rest Camp

Resensies

3.7/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Goed

Netheid
3.5
Ligging
3.6
Waarde vir geld
3.4
Diens
3.8
Veiligheid
4.3
Marinda O
1 nag Saam met vriende
5.0
Aug 2024

Kan dit beslis aanbeveel. Pragtige kampplek. Kameelperde en bokke wat gevoer word, is 'n groot bonus.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ricky C
1 nag
4.4
Aug 2023

Heerlike boservaring vir voëlkykers. Die akkommodasie is basies. Heerlike onbyt en 'n paradys om te ontspan en voëllewe te bestudeer.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Michael P
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Jun 2024

Baie lekker gebly. Ons is hartlik ontvang - die bestuurderes het uit haar pad gegaan om ons te help met drankies en aandete.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Valerio T
1 nag
2.4
Jul 2024

Glad nie lekker nie en totaal te duur! Nee, dit was heeltemal te duur vir wat jy kry. Beddegoed was oud en uitgebleik en geskeur. Hooflig in die kamer het nie gewerk nie. Ketel het moeilik gewerk. Toilet se trekaksie was stukkend. Geen warm water die oggend nie, want die donkie word te laat gestook. Kos was glad nie lekker nie. Steak was taai en vaal pienk van kleur.

Netheid
2.0
Diens
2.0
Ligging
2.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
1.0

Dot R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
2.2
Des 2023

Aanvaarbaar maar het bietjie meer verwag teen R1600 'n nag. Lank lank gelede moes dit baie mooi gewees het. Ons verstaan a.g.v. droogtes ens. het die plek uitdagings. MAAR, pas dan asb. julle verblyfsfooi dienooreenkomstig aan. GEEN wildritte of krokodilvertonings nie. Moes koud stort. Die nodige kombuistoerusting is nie meer in die wooneenhede nie. Ai, nee. Het ons verblyf maar kort geknip. Jy het 'n juweel van 'n plek. BASIESE dinge kan net weer reggeruk word om dit weer TIP-TOP te maak.

Netheid
2.0
Diens
3.0
Ligging
2.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0

Elize M
1 nag
3.2
Des 2021

Kamp baie droog. Goed in winkel is skraps, daar is nie 'n keuse nie.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0
Ires
Ombo Rest Camp
Jammer om julle teleur te stel rakend ons klein plaaswinkel. Ons het toevallig 'n groot groep gaste die laste twee dae, oor kerstyd, gehad voordat julle gekom het, en hulle het omtrent ingevlieg en die winkel behoorlik leeg gekoop. Met die vakansie dae tydens kerstyd, kon ons ongelukkig nie ons winkel behoorlik so vinnig opvul nie, jammer vir enige ongerief. Rakend die droogte, met die droogte raak ons boorgat se watervlak ook ongelukkig laag en moes ons bietjie terug hou wat nat maak aanbetref, voordat ons gaste geensins water het. Gelukkig ons rëen, wat bietjie laat is hierdie jaar, darem ons gelukkig gesëen vanaf hierdie naweek, waarvoor ons sooo bitter dankbaar is. Baie jammer nogmals vir die ongerief wat julle ondervind het hier by Ombo Rest Camp. Nogmals dankie vir julle kuier. Vriendelike groete uit 'n heerlike nat Namibia die laaste 3 daggies. Ires

Polla D
1 nag Saam met lewensmaat
4.0
Sep 2019

Aangenaam en heel besonders. Die kamp het 'n besonderse atmosfeer. Niks uitspattig nie, met 'n ontspannende gevoel. Die diere so naby die kamp is 'n pluspunt wat deel uitmaak van die ondervinding.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Grant M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.8
Des 2019

Ons het lekker gekuier by Ombo rest. Die akkommodasie is baie basies, maar die gasvryheid en diens is absoluut fantasties!

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Coen S
1 nag Saam met lewensmaat
3.8
Apr 2019

Rustig en netjiese terrein en kroeg. Was baie vriendelik ontvang, 'n baie mooi versorgde plek. Sal net graag wil sien dat daar meer aandag aan die farm stalls gegee word. En dan was daar geen inligting gegee vir na-ure kontak as iets fout was nie. Verder was dit 'n lekker rustige plek gewees.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
5.0

Antoinette D
1 nag Gesin met tieners
2.0
Mrt 2019

Nie die moeite werd vir die waarde vir wat jy betaal nie. Een groot kamer met 1 dubbelbed, 2 driekwartbeddens, en 'n babakot-matras vir 'n vyfde persoon, kon nie daarop slaap nie, ons moes die driekwartbeddens teenmekaar stoot dat drie daarop kon slaap. Die kamer benodig 'n groter lugverkoeler, die kamer is verskriklik bedompig en warm, die badkamer voel soos 'n sauna. Die stortdeur is 'n industriële deur, verskriklik ongemaklik om te gebruik, my vinger daarin toegeslaan.

Netheid
3.0
Diens
1.0
Ligging
2.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.8/5

Ires Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 13

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
Vanaf R 840
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 840
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hochfeldpad, Erf 56, Okahandja, 0000, Otjozondjupa
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcWQCafkdpfccnm1GNPdWpN3sxreBgx6LfO7vXORweSOXFUKPHI?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R840 per nag, vir 2 mense 12 5 1 4 Plot 56 Hochfeld Road Okahandja 0000 Otjozondjupa 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -21.893076 16.906491

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang