Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ombo Rest Camp

  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hochfeldpad, Erf 56, Okahandja, 0000, Otjozondjupa
  • Vanaf R840 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ombo Rest Camp is sowat 12 km noord van Okahandja op die Hochfeldpad geleë. Dié unieke omgewing huisves 'n verskeidenheid dier- en voëlspesies wat vanaf die watergat waargeneem kan word met 'n pragtige sonsondergang in die agtergrond. Ombo Rest Camp bied die ideale oorslaapplek en bied ontspanne en rustige verblyf vir gaste. Dit is ideaal vir gesinne en die omgewing is kindervriendelik.

Verblyf word in 2 gesinshutte, 'n hut met 2 beddens en 'n hut met 'n dubbelbed gebied. Daar is ook 3 kamers vir rugsakreisigers wat elkeen 2 enkelbeddens het. Die rugsakreisiger-kamers deel ablusiegriewe met die kampterrein en gaste kan van die kampterrein se braai-area gebruik maak. Die ablusiegeriewe het wasbakke en warm storte.

Gaste wat oornag is welkom om in die swembad af te koel.

Die restaurant op die perseel bied 'n a la carte-spyskaart met vleisgeregte, vegetariese disse, verskeie slaaie, seekos, en volstruisvleis en -eiers vir 'n Namibiese geur. Die restaurant bedien ook krokodilvleis, Omajovas en koeke wat daagliks varsgebak is.

Ombo Rest Camp se plaasstal bied braaipakke, vuurmaakhout, ys, koeldrank en tuisgemaakte produkte, soos biltong, droëwors, gerookte vleis, heuning, konfyt en verskeie soorte sap. Daar is ook 'n soewenierwinkel.

'n Volstruis- en krokodiltoer word daagliks gebied, waartydens gaste aan die volstruise mag vat en hulle kan voer. Die hutte en die restaurant bied 'n direkte uitsig op die wild by die watergat.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

3.7/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Goed

Netheid
3.5
Ligging
3.6
Waarde vir geld
3.4
Diens
3.8
Veiligheid
4.3

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.8/5

Ires Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 13

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Hochfeldpad, Erf 56, Okahandja, 0000, Otjozondjupa
  • Gaste dink Ombo Rest Camp het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Otjozondjupa Namibië
Vanaf
Vanaf R 840
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 840
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hochfeldpad, Erf 56, Okahandja, 0000, Otjozondjupa
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcWQCafkdpfccnm1GNPdWpN3sxreBgx6LfO7vXORweSOXFUKPHI?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R840 per nag, vir 2 mense 12 5 1 4 Plot 56 Hochfeld Road Okahandja 0000 Otjozondjupa 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -21.893076 16.906491

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang