Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

On Deck

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Boven-straat 1, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 120 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

On Deck is 'n pragtige seefront-vakansiehuis wat spog met manjifieke see-uitsigte en dit is in die kusdorpie Langebaan geleë. Die bekoorlike strandmeerdorpie bied 'n ideale basis vanwaar die Weskus en die oorvloed uitstekende besienswaardighede in die omgewing verken kan word.

Dié moderne en smaakvol gemeubileerde dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir tot 12 gaste en beskik oor 5 slaapkamers met 4 badkamers. Die grondvloer bied 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n vermaakarea. Op die boonste vloer is daar 3 slaapkamers, 2 badkamers, die leefarea, kombuis en 'n ruim balkon.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en sy en suite-badkamer het 'n bad en stort. Daar is 3 slaapkamers wat ook met 'n dubbelbed ingerig is, terwyl die vyfde slaapkamer 4 enkelbeddens het. Die oorblywende 3 badkamers is elk toegerus met 'n stort.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, ketel, koffiemasjien en 'n ontbyttoonbank met kroegstoele. Die oopplan-leefarea spog met gemaklike sitkamersuites, 'n TV, kaggel en 'n etenstafel met sitplek vir 6. Die vermaakarea bied 'n pooltafel en 'n sitarea.

Besienswaardighede en doendinge in die omgewing sluit Langebaan-strandmeer, Club Mykonos Casino, Weskus Nasionale Park, swem, jetski, duik, vlieërbranderry, visvang en seekajak in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 12 mense 5 Slaapkamers 4 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

4

4 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.7
Veiligheid
4.4
Wat gaste dink
Chardonnay P
Saam met vriende
5.0
Die plek en verblyf was baie lekker om so lekker na aan die see te wees. Amal het hul baie geniet en lekker gekuier, waarde vir jou geld, sal ons besl...
Sien meer
Sep 2024
Andeline A
Gesin met klein kinders
5.0
Fun. The house was well equipped for the whole family, and we enjoyed our stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Elzane M
5.0
Baie spasie, skoon verblyf en pragtige uitsig! We had a fantastic time at On Deck! The view is mesmerising, and the sound of the waves ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Wj C
Saam met vriende
5.0
Totally worth it. Close to the sea and ample space for 10+ people.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024
Netta V
Gesin met klein kinders
4.4
Amazing. Was awesome. View spectacular. Close to shops and beach.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Juanita Geverifieer

Eiendomme 22

Resensies 210

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Van Boven-straat 1, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink On Deck het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 120
per nag (plek vir 12)
Vanaf
Vanaf R3 120
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Boven-straat 1, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA68fe771e69fc6fef26827a6149505dde6d1877635622df95fd2c017390beefccc1cca55f933963cb7f6bb5abe9d16b8ae643?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 120 per nag (plek vir 12) 18 5 1 5 1 Van Boven Street Langebaan 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.07799 18.03493

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang