On-the-Rocks
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 4
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dolphin Bay, Simonstadweg 37, Vishoek, 7975, Wes-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
On-the-Rocks is 'n moderne selfsorgwoonstel wat op Vishoek se kuslyn geleë is. Die huis is geleë teen Jagger Walk, 'n rolstoelvriendelike voetpad al langs die kus af. Verder is Clovelly Gholfklub, Scratch Patch Mineral World, Valsbaai se strande, Silwermyn Natuurreservaat, Boulders Pikkewynkolonie en Kaappunt almal lekker naby On-the-Rocks geleë.
Die eenheid beskik oor 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamer bied ook toegang tot 'n privaat dek. Verder is daar 'n oopplan-kombuis en -sitkamer in die huis met 'n ontbytbalkon. Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, 'n ketel, 'n broodrooster en 'n induksiestoofplaat. Bykomende geriewe sluit 'n TV met volledige DStv, gratis WiFi en veilige parkeerplek vir 1 voertuig (maksimum voertuig-lengte van 5 m) in.
Daar is 'n hele rits doendinge in die omgewing wat swem, gholf, voetslaan, voëlkyk, kajakvaart in die see en branderplankry insluit. Vishoek het ook verskeie restaurante waar gaste lekker vars seekos kan geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Lorraine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 18
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Dolphin Bay, Simonstadweg 37, Vishoek, 7975, Wes-Kaap
- Gaste dink On-the-Rocks het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 4
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dolphin Bay, Simonstadweg 37, Vishoek, 7975, Wes-Kaap