On Yonder Hill
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Essenhout-singel 15, Plattekloof 2, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
On Yonder Hill bied selfsorgverblyf in Plattekloof teen die voet van Tygerbergheuwel. Dié huislike ateljeewoonstel is baie sentraal geleë en gaste het maklike toegang tot die N1 wat jou binne 'n paar minute by hoof-besienswaardighede sal uitbring. Dit is stapafstand van Panorama MediClinic af en net 'n paar minute van die winkels en restaurante by Plattekloof Village & Spar af wat heerlike gekookte kos aanbied en 'n sushi-toonbank en deli het.
Die eenheid het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.
Die kombuisie is met 'n yskas, wasbak, ketel, mikrogolf, broodrooster en 'n stoof met 'n oond toegerus. Wasgoeddienste is ook naby die eenheid beskikbaar. Dit is 'n gesinshuis en gaste het hul eie ingang en onderdakparkeerplek. Die woonstel het ook 'n privaat tuin en stoep op die perseel wat gaste kan gebruik.
Gaste kan gerus laat weet of hulle hulp of raad nodig het. Andersins sal die eienaars gaste se privaatheid respekteer. Vars linne, handdoeke en die nodige in die kombuis insluitend koffie, tee, suiker, melk en tuisgebakte beskuit is beskikbaar met aankoms. 'n Skoonmaakdiens word daagliks voorsien op versoek. Volledige DStv en WiFi is beskikbaar.
Kaapstad Internasionale Lughawe, Grand West Casino, N1 City Hospitaal, die V&A Waterfront, Canal Walk, KIKS, die Kaapstad Station en die strande is 10 en 15 minute van ons af. Daguitstappies na die nabygeleë wynplase op De Grendel in Plattekloof of in Stellenbosch, Durbanville en Paarl is altyd 'n goeie opsie.
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Stoof
Ekstras
- Tee en koffie skinkbord
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Valerie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 86
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Essenhout-singel 15, Plattekloof 2, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
- Gaste dink On Yonder Hill het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Plattekloof Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Essenhout-singel 15, Plattekloof 2, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang