One on Bollard
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bollard-weg 1, Leisure Isle, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Vanaf R2 173 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
One on Bollard bied B&B-verblyf in die pragtige Leisure Isle in Knysna. Die perseel is baie naby Bollard Bay se strand, die ideale swemstrand met 'n uitsig op die Knysna-koppe. Die perseel is sowat 600 m van Steenbok Natuurreservaat met sy verskeidenheid voëlspesies af.
Dié B&B bied verblyf in 6 luukse suites wat elkeen sy eie privaat tuin en buite-stort het. Elke suite het tee- en koffiemaakgeriewe, lugversorging met warm en koue verstellings, 'n ekstra lang koninggrootte-bed wat as 2 enkelbeddens opgemaak kan word, 'n werksarea met 'n USB-poort, WiFi, linne, 'n kroegyskassie, digitale kluis, strandhanddoeke, 'n strandsambreel en -mandjie, klerekaste en pakplek vir tassie, 'n spieëltafel, haardroër, en 'n TV met sekere DStv-kanale en Netflix. Daar is 'n badkamer met 'n bad, stort, dubbelwasbak, verhitte handdoekreling en 'n buitestort met warm en koue water vir elke eenheid, asook veiligheidshortjies op al die vensters en deure, en blindings voor die slaapkamerdeure en -vensters.
One on Bollard bied 'n swembadarea, 'n sitarea met 'n vol DStv-pakket en Netflix, asook 'n kaggel. Gaste kan ook van die kajakke en fietse gebruik maak. Wasgoed word nie op die perseel gedoen nie, maar daar is 'n wasgoeddiens naby indien dit nodig is.
One on Bollard is ideaal vir diegene wat besienswaardige langs die Tuinroete wil verken soos staproetes deur die woud, gholf, bergfietsry, seil, watersport en tennis.
Die suites het hul eie privaat tuine en die groot, gemeenskaplike area bied die geleentheid om sosiale distansiëring toe te pas.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Forex
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Diane Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 10
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Bollard-weg 1, Leisure Isle, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Gaste dink One on Bollard het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bollard-weg 1, Leisure Isle, Knysna, 6570, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang