Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ongeag Self Catering House

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Le Roux-straat 57, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R4 650 per nag, vir 9 mense

Beskrywing

'n Stil, rustige toevlugsoord wag op jou in Clarens naby die Golden Gate Nasionale Park. Clarens is 'n ideale wegbreekplek vir natuurliefhebbers en stappers. Ongeag Self Catering House is ruim, volledig toegeruste sandsteenhuis met 2 verdiepings, omring deur Clarens se berge.

Die huis het 3 kamers wat goed ingerig is. Die hoofslaapkamer bied slaapplek vir 4 persone op 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelslaapbank, en het 'n en suite-badkamer met ondervloerse verhitting. Natuurlike lig stroom in by die groot vensters en die balkonne het ononderbroke uitsigte. Die kamer is ook toegerus met ondervloerse verhitting en lugversorging.

Die tweede slaapkamer is toegerus met 'n dubbelbed en 'n sit/studeerarea. Hierdie kamer het toegang tot die boonste balkon met oostelike uitsigte op die Rooiberge en die Malutiberge. Die gang op die boonste vloer lei na die hoofslaapkamer se en suite-badkamer. Hierdie kamer is ook toegerus met ondervloerse verhitting en lugversorging.

Dan is daar 'n derde en suite-slaapkamer op die onderste verdieping wat slaapplek vir 3 gaste op 'n dubbelbed en 'n enkelbed het. Hierdie slaapkamer het toegang tot die onderste balkon deur skuifdeure. Die slaapkamer en die badkamer is geteël en het ondervloerse verhitting.

'n Draagbare enkelbed kan by enige van die kamers gevoeg word.

Die lugtige, volledig toegeruste oopplan-kombuis beskik oor 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, vierplaatstoof en 'n oond, yskas met vrieshokkie, 'n mikrogolf, broodrooster, ketel, koffiemasjien, kombuisgereedskap en genoeg breekware en eetgerei. Die gekombineerde sitkamer/eetkamer en leefarea het 'n oop kaggel, DStv, en ondervloerse verhitting en lei, via 'n skuifdeur, na die onderste balkon. Besoekers kan braai op die onderste balkon of by die sandsteenbraaiplek in die tuin.

Die dubbelmotorhuis met sy trap na die leefarea rond hierdie droomtuiste perfek af.

Die eiendom het WiFi en 'n omsetter vir ligte, WiFi, DStv en 'n yskas tydens beurtkrag.

Kamer-opset

Kapasiteit: 9 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 4 mense
1 xKoningingrootte-bed
1 xDubbelslaapbank
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort
  • Seep
  • Ondervloerse verhitting

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Ondervloerse verhitting

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 47 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Jacklyne J
5.0
Ongelooflik! Dit was fantasties. Alles is daar, jy het krag as dit loadshedding is. So veilig en privaat!
Des 2023
Vanessa C
Gesin met tieners
5.0
Huis uitstekend toegerus. Heerlike kuierstoep. Die huis is uitstekend toegerus. Die WiFi was vinnig en die wete dat daar 'n inverter was vir beurtkrag...
Sien meer
Okt 2023
Talita M
5.0
Gerieflike verblyf, goeie ligging, baie mooi uitsig. Ons het baie lekker gekuier by Ongeag. Die huis is ruim en baie gerieflik ingerig, die kaggel is ...
Sien meer
Mei 2023
Ninette V
Gesin met tieners
5.0
Absolutely beautiful view, comfortable house! Absolutely beautiful view, great braai area and veranda! House is comfortable and well eq...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023
Rina M
Saam met vriende
5.0
Die plek is asemrowend, mooi toegerus met alle benodighede. Regte ligging met die mooiste uitsig oor die berge. Ongeag is ideaal vir 'n familie of 'n ...
Sien meer
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Gavin Geverifieer

Eiendomme 11

Resensies 663

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Le Roux-straat 57, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Ongeag Self Catering House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 650
per nag, vir 9 mense
Vanaf
Vanaf R4 650
per nag, vir 9 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Le Roux-straat 57, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDMxZTY1NTU1LWNmNzItNDA4MC1iZWE4LTllZjJmMmQ5NDIwMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 650 per nag, vir 9 mense 47 5 1 5 57 Le Roux Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.517426657063 28.412377238274

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang