Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ons Nessie

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Reynoldsstraat 10, Thalmen, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Ons Nessie is 'n knus tuinwoonstel vir 2 in Bellville.

Die woonstel het 'n uitsig oor die swembad, 'n privaat ingang, slaapkamer, badkamer en 'n kombuisie. Die slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Die en suite-badkamer het 'n stort en 'n toilet. Beddegoed, handdoeke en swemhanddoeke word voorsien.

Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond, 'n broodrooster, induksiestoof, enkelplaat gasstoof, ketel, braaitoerusting en eetgerei toegerus. Tee en koffie word voorsien. Die woonstel het nie 'n TV nie, maar daar is WiFi en 'n radio beskikbaar.

Braaigeriewe is beskikbaar en gaste kan in die tuin ontspan of in die swembad afkoel. Daar is veilige parkeerplek op die perseel. Rook in die woonstel word nie toegelaat nie. Ons Nessie se eienaars woon op die perseel. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Bellville bied verskeie winkelsentrums en restaurante en daar is 'n verskeidenheid doendinge, soos gholf, wandel, voetslaanroetes en bergfietsroetes.

Ons Nessie is 15 km van die lughawe, 20 km van die V&A Waterfront, digby die Durbanville wynroete en 25 km van Stellenbosch.

Louis Leipold Mediclinic en Durbanville Mediclinic is beide binne 'n radius van 8 km.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Vervoerdienste
Verwarmer
Volledige kombuis
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Jacques M
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende verblyf, diens en fasaliteite! Kan Ons Nessie beslis aanbeveel! Ons het 3 dae gebly by Ons Nessie, en was baie tevrede met alles! Netjies ...
Sien meer
Apr 2024
Gerhard P
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende verblyf. Ons het ons verblyf by Ons Nessie baie geniet en ongelooflik tuis gevoel. Mariana en Chrispin is die beste gasvrou en gasheer wat...
Sien meer
Mrt 2024
Mj M
Saam met lewensmaat
5.0
Lekkerste verblyf. Ons het verskriklik lekker gebly. Met die beste en vriendelikste diens. Sal beslis aanbeveel. Sal weer op 'n volgende trip daar gaa...
Sien meer
Feb 2024
Angelique A
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing. We had a wonderful weekend, and the owners were very kind. Nice place.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2023
Brittany R
Saam met lewensmaat
5.0
It was needed. Mariana en Chris is baie vriendelik en wonderlike mense. Mag goedheid en guns op julle wees.
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Mariana Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Reynoldsstraat 10, Thalmen, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ons Nessie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Reynoldsstraat 10, Thalmen, Bellville, 7530, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA54549aee412302b50bf1971c994bc841820d019de2d12e77e882ff73234ea4eb0553b3718025c5b1194a4259710995bc642c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 2) 14 5 1 5 10 Reynolds Street Thalmen 7530 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.898315226163 18.648378305162

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang