Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ons Stee

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Berg en Dalstreet, , Wellington, 7655, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Aan die voet van die Groenberg, is die historiese dorp Wellington in 'n prentjiemooi vallei op die oewers van die Krommerivier, met die majestueuse Hawequaberge wat wagstaan op sy oostelike grens. Wellington, in die hart van die Boland en ryk in kulturele, godsdienstige en opvoedkundige geskiedenis, is onoortreflik as area wanneer die wynlande en natuurtonele van die Weskaap in Suid-Afrika ervaar en geniet wil word.

Ons Stee B&B bied 4 kamers met en suite-badkamers. Elke kamer het 'n bad en stort. Die kamers het tee- en koffiemaakgeriew, 'n kluis, koninggrootte-beddens, lugversorging (warm en koud) en 'n yskassie. Die wittebrood-suite het sy eie jacuzzi. Daar is 'n lekker swembad en verder kan gaste ontspan op die sonstoele in die lieflike tuin.

Wellington bied 'n ongelooflike verskeidenheid van inkopie-heerlikhede vir toeriste. Die dorp is goed toegerus met alle mediese en nooddienste en het takke van al die hoofbanke in Suid-Afrika. Wellington spog met twee leerfabrieke wat pragtige kwaliteit leerprodukte soos skoene, handsakke boekoortreksels en ander kleiner artikels produseer. Verder is daar handdoekfabrieke, vrugtesapkiosks wat aan die publiek verkoop, glaswarewinkels en baie klein plekkies waar gaste kan rondsnuffel, as aanvulling by die meer prominente kettingwinkels. Kunsgallerye, antieke meubels, keramiekteëls en meubels uit Bali kan deel uitmaak van 'n ware 'n inkopie-ervaring.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.6
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Pieter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 15 jaar

Ligging

  • Berg en Dalstreet, , Wellington, 7655, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ons Stee het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Berg en Dalstreet, , Wellington, 7655, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb6ee5248465ed949fad5fe7a5acbb64a6481713a8e65b444edb26ece0a74457c0f458eac0108b9ac60025d97f79834b22ccd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 10 5 1 5 Berg en Dalstreet 11 7655 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -33.636649594537 19.016304016113

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang