Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ons Wegkruip Plekkie @ Leeupoort

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vingerpolpaadjie, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Ons Wegkruip Plekkie @ Leeupoort is in Leeupoort Vakansiedorp met 'n matige tot warm klimaat regdeur die jaar en is die ideale verblyf vir gesinne of groepe wat hou van wild en die bosveld - dis voorwaar 'n Bosveldjuweel!

Dié moderne vakansiehuis beskik oor 3 slaapkamers en daar is slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede badkamer het 'n bad, stort en 'n toilet. Daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer en 'n dubbelbed in die derde slaapkamer.

Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n gasstoof, oond, yskas, diepvrieskas, mikrogolfoond en skottelgoedwasser. Gaste kan maaltye aan die etenstafel geniet of voor die TV in die sitarea ontspan. Die TV het 'n OVHD-dekodeerder en nie DStv nie. Die eenheid het 2 leefareas. Daar is ook 'n heerlike onderdakvuurput vir braai en kuier. Die huis het lugversorging waarvoor gaste moet betaal, asook plafonwaaiers en daar is 'n plonspoel waarin gaste kan afkoel.

'n Restaurant, winkel, drankwinkel en 3 swembaddens is beskikbaar op die perseel. Leeupoort Vakansiedorp het heelwat uitkykpunte op die Waterberg, en daar is stap-, fietsry- en 4x4-roetes, asook piekniekplekke en swembaddens. Besoekers het vrye toegang tot die natuurreservaat wat ons ons eie "Krugerwildtuin" noem. Die reservaat huisves 50 soorte soogdiere, 170 soorte voëls en 114 boomspesies. Die wild loop in die strate rond en wei tussen die huise. Gaste moet hul oë oophou vir die vlakvarke, sebras, kameelperde, koedoes, blouwildebeeste en ander wild.

Ons Wegkruip Plekkie @ Leeupoort is op die R516 en is 172 km vanaf Pretoria, 90 km vanaf Brits, 72 km vanaf Bela-Bela (Warmbad) en 50 km vanaf Thabazimbi in Limpopo geleë.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Skoonheidskliniek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 31 resensies vir Ons Wegkruip Plekkie @ Leeupoort
Netheid
4.4/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Suzette Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 40

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Vingerpolpaadjie, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
  • Gaste dink Ons Wegkruip Plekkie @ Leeupoort het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vingerpolpaadjie, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6c814f56e25fbf66f0e00d4c6bbcf92cad17251e8056c07639538f3f6ac5a31dacb1e9d095d0e0b981278d436c8546eb266f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 6) 31 5 1 5 Vingerpol Paadjie Leeupoort Vakansiedorp 0486 Limpopo 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -24.921429 27.643958

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang