Ons Werf Self-Catering Accommodation
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Dries Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 10 jaar
Opsomming van Resensie
Andre D - Mrt 2024
Algehele gradering
Piekfyn, netjies, skoon en 100% aan te beveel.
Ons Werf Self-Catering Accommodation se terugvoer
Baie dankie Andre, was aangenaam om jou te ontmoet en te huisves.
Carel V - Jan 2023
Algehele gradering
Oom Dries en Tannie Elaine is regtig hartsmense hulle laat mens welkom voel en dit voel soos jou eie tuiste.
Ons Werf Self-Catering Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir jou gradering en opmerkings Carel!
Was baie lekker om julle te ontvang, en hoop ons sien gou weer. Julle was ook 5 ster gaste!
Groete en alles van die beste toegewens.
Dries en Elaine vd Walt.
Chane P - Des 2023
Algehele gradering
Familie groep met twee woefies wat kom rus in Groot-Brak.
Lees meerOns Werf Self-Catering Accommodation se terugvoer
Hallo Chane, baie dankie vir jou positiewe terugvoer. Ons is besig om 'n WiFi 'mesh' netwerk te installeer wat die probleem van 'dooie kolle' sal oplos. Ons adverteer nie dat ons dierevriendelik is nie, presies oor die redes wat jy noem. Ons het slegs tot jou een hondjie toegestem om jou te help, en het toe ook dié punte aan jou uitgewys. Dit was lekker om julle te ontmoet. Vriendelike Groete, Dries.
Anonieme gas - Jan 2023
Algehele gradering
Nadine A - Sep 2020
Algehele gradering
Beautifully decorated apartment with amazing views.
Ons Werf Self-Catering Accommodation se terugvoer
Thank you for your stay Nadine, it was wonderful to meet you. We hope to see you soon again, you are 5-star guests.
Cindy V - Jan 2020
Algehele gradering
Die plek is skoon en netjies, maar die stoele is baie ongemaklik, en die eienaar se familieportrette hang die een hele kamer vol. My kinders wou nie daar slaap nie.
Lees meerOns Werf Self-Catering Accommodation se terugvoer
Beste Cindy en Deon van der Merwe
Dit was lekker om julle te ontmoet, en dankie vir julle opmerkings, meestal hoogs aanvegbaar na my mening. Ek wou eintlik glad nie kommentaar lewer op jou menings nie, maar dan sal 'n volgende leser dalk die valse indruk kry dat wat jy sê die waarheid is. Ons meubels is heeltemal gemaklik vir mense met 'n gemiddelde liggaamsbou, en ons dekor keuses is ons prerogatief.
Julle het opgedaag met meer persone as waarvoor julle bespreek en betaal het en toe geweier om vir die ekstra persoon te betaal soos wat ons, en die meeste ander plekke, se voorwaardes is. Die huis kan ook nie soveel persone huisves nie en ons wil nie mense op matrasse op die vloer hê nie. Julle kom hier aan met 10 dae se opgehoopte vuil wasgoed wat jy op ons koste wil was en vinnig droogmaak, dit terwyl ons baie streng water beperkings gehad het, om nie eers van elektrisiteit te praat nie. Ek dink dis onbillik om dit te verwag, jy moes dit by jou vorige blyplek gewas het, of by 'n wassery, soos wat ek voorgestel het. Die WiFi is glad nie "Pre-Paid" nie, dit is gratis en "Uncapped". Die Dstv is ook gratis, en "Multichoice" se premium produk, nie so algemeen by vakansie verhurings nie. Die parkering is heeltemal groot genoeg vir beide woonplekke, maar raak klein as jy met n groot vito bus aankom, en dan nog boonop met 'n yslike bos karavaan. Elke persoon is geregtig op sy eie taksering en toewysing van sterre aan 'n blyplek, joune is egter twyfelagtig en debatteerbaar, waarop ek nie sal ingaan. Net so is 'n verhuurder ook geregtig op sy opinie van 'n gas.
Vriendelike Groete,
Dries van der Walt
Carien F - Des 2019
Algehele gradering
Heerlike vakansie-bestemming.
Ons Werf Self-Catering Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir julle kuier Carien, dit was 'n plesier om julle hier te hê. Dankie vir die skoon huis agter gelaat.
Wens julle 'n mooi 2020 toe.
Dries en Elaine.
Ben V - Mrt 2019
Algehele gradering
Aangenaam.
Ons Werf Self-Catering Accommodation se terugvoer
Hallo Ben en Surika,
Was lekker om julle te ontmoet! Hoop ons sien gou weer.
Groete vir Benji,
Dries en Elaine van der Walt
Elizabeth D - Jan 2019
Algehele gradering
Ruim, goed toegeruste, gerieflike vakansieverblyf wat alles bied wat nodig is vir `n heerlike ontspanne vakansie. Ons het dit vreeslik geniet om saans aan die slaap gesus te word met die see in jou ore.
Ons Werf Self-Catering Accommodation se terugvoer
Hallo Liz,
Was baie lekker om julle hier te hê, vertrou die res van julle vakansie was ook baie lekker. Hoop ons sien gou weer.
Dries en Elaine van der Walt
Anja B - Des 2019
Algehele gradering
Het beter verwag volgens wat ek betaal het.
Elrico V - Jan 2017
Algehele gradering
Dit was onbeskryflik lekker, sal enige tyd weer daar vakansie hou.
Ons Werf Self-Catering Accommodation se terugvoer
Baie dankie Elrico,julle was ook model gaste!!
Mooi Bly en Groete,
Dries en Elaine.
Joanne S - Jan 2016
Algehele gradering
Spacious luxury living.
Ons Werf Self-Catering Accommodation se terugvoer
Hi Joanne ,
Thanks for your positive criticism. Have a great 2016 and hope to see you soon!
Regards
Dries & Elaine vd Walt
Eunice M - Mrt 2016
Algehele gradering
Baie lekker.
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kaaimansweg 11, Groot-Brakrivier, Mosselbaai, 6525, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang