Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ons Werf Self-Catering Accommodation

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.7
Veiligheid
4.3
Andre D
Kort verblyf
5.0
Mrt 2024

Piekfyn, netjies, skoon en 100% aan te beveel. Heerlik gebly by Ons Werf. Alles was silwerskoon en baie netjies. Woonstel was volledig toegerus met alles wat 'n mens nodig gehad het. Die stoepie met die ingeboude braai was lieflik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Dries
Ons Werf Self-Catering Accommodation
Baie dankie Andre, was aangenaam om jou te ontmoet en te huisves.

Carel V
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2023

Oom Dries en Tannie Elaine is regtig hartsmense hulle laat mens welkom voel en dit voel soos jou eie tuiste. Ons was baie vriendelik ontvang deur oom Dries en tannie Elaine. Hulle was baie vriendelik en behulpsaam. Ek sal met 'n geruste hart weer daar gaan bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Dries
Ons Werf Self-Catering Accommodation
Baie dankie vir jou gradering en opmerkings Carel! Was baie lekker om julle te ontvang, en hoop ons sien gou weer. Julle was ook 5 ster gaste! Groete en alles van die beste toegewens. Dries en Elaine vd Walt.

Chane P
Lang verblyf
4.6
Des 2023

Familie groep met twee woefies wat kom rus in Groot-Brak. Ons groep van 8 het ons verblyf geniet. Die eienaar was baie behulpsaam en het seker gemaak dat ons alles het wat ons nodig het. Hy het ekstra moeite gedoen om seker te maak ons woefies kon veilig bly op die perseel (stoep) as hulle nie kon saam nie. Die erf is nie regtig geskik vir troeteldiere nie, aangesien daar nie gras of 'n heining is nie. Ek sal dit volgende keer heroorweeg om hulle saam te vat op vakansie indien die perseel nie goed geskik is vir hulle nie. Die WiFi kon beslis beter wees en het slegs op 'n paar plekke in die huis opvangs gehad.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Dries
Ons Werf Self-Catering Accommodation
Hallo Chane, baie dankie vir jou positiewe terugvoer. Ons is besig om 'n WiFi 'mesh' netwerk te installeer wat die probleem van 'dooie kolle' sal oplos. Ons adverteer nie dat ons dierevriendelik is nie, presies oor die redes wat jy noem. Ons het slegs tot jou een hondjie toegestem om jou te help, en het toe ook dié punte aan jou uitgewys. Dit was lekker om julle te ontmoet. Vriendelike Groete, Dries.

Anonieme gas
Lang verblyf Saam met lewensmaat
3.8
Jan 2023

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
4.0
Dries
Ons Werf Self-Catering Accommodation
Dit was weereens baie lekker om julle hier te hê. Hoop ons sien sommer gou weer! Vriendelike Groete Dries

Nadine A
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2020

Beautifully decorated apartment with amazing views. We loved our stay at Ons Werf, the apartment is beautiful and has everything you need for a relaxed self-catering stay with extra little touches like fruit and chocolates to make you feel special. The hosts Dries and Elaine are wonderful people who go out of their way to make a person feel at home. I can highly recommend this accommodation to anyone.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Dries
Ons Werf Self-Catering Accommodation
Thank you for your stay Nadine, it was wonderful to meet you. We hope to see you soon again, you are 5-star guests.

Cindy V
Lang verblyf Gesin met klein kinders
2.6
Jan 2020

Die plek is skoon en netjies, maar die stoele is baie ongemaklik, en die eienaar se familieportrette hang die een hele kamer vol. My kinders wou nie daar slaap nie. Daar word geadverteer dat daar 'n tuimeldroër is, maar met aankoms het die eienaar ons ingelig dat ons dit nie mag gebruik nie en indien ons dit gebruik daar ekstra kostes is. Ek meen haal dit dan uit as dit nie gebruik mag word nie. Die waskamer is sy garage waarin sy voertuig staan en al die goed wat hy stoor. Jy moet tussen sy sleepwa en sy bokse indruk om op 'n klein wasgoedlyntjie jou goed op te hang. Die hele eenheid is ook volgeplak met briefies om jou in te lig dat jy op krag en water moet spaar. Die gratis WiFi is ook prepaid. Ek gee glad nie om om water en krag te bespaar nie, maar regtig? Een briefie sou voldoende wees. Dan die parkering: klein parkering voor die garage, maar daar moet die huis en die woonstel se voertuie indruk en dis die grootte van 'n enkelparkering.

Netheid
4.0
Diens
2.0
Ligging
3.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
2.0
Dries
Ons Werf Self-Catering Accommodation
Beste Cindy en Deon van der Merwe Dit was lekker om julle te ontmoet, en dankie vir julle opmerkings, meestal hoogs aanvegbaar na my mening. Ek wou eintlik glad nie kommentaar lewer op jou menings nie, maar dan sal 'n volgende leser dalk die valse indruk kry dat wat jy sê die waarheid is. Ons meubels is heeltemal gemaklik vir mense met 'n gemiddelde liggaamsbou, en ons dekor keuses is ons prerogatief. Julle het opgedaag met meer persone as waarvoor julle bespreek en betaal het en toe geweier om vir die ekstra persoon te betaal soos wat ons, en die meeste ander plekke, se voorwaardes is. Die huis kan ook nie soveel persone huisves nie en ons wil nie mense op matrasse op die vloer hê nie. Julle kom hier aan met 10 dae se opgehoopte vuil wasgoed wat jy op ons koste wil was en vinnig droogmaak, dit terwyl ons baie streng water beperkings gehad het, om nie eers van elektrisiteit te praat nie. Ek dink dis onbillik om dit te verwag, jy moes dit by jou vorige blyplek gewas het, of by 'n wassery, soos wat ek voorgestel het. Die WiFi is glad nie "Pre-Paid" nie, dit is gratis en "Uncapped". Die Dstv is ook gratis, en "Multichoice" se premium produk, nie so algemeen by vakansie verhurings nie. Die parkering is heeltemal groot genoeg vir beide woonplekke, maar raak klein as jy met n groot vito bus aankom, en dan nog boonop met 'n yslike bos karavaan. Elke persoon is geregtig op sy eie taksering en toewysing van sterre aan 'n blyplek, joune is egter twyfelagtig en debatteerbaar, waarop ek nie sal ingaan. Net so is 'n verhuurder ook geregtig op sy opinie van 'n gas. Vriendelike Groete, Dries van der Walt

Carien F
Lang verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2019

Heerlike vakansie-bestemming. Ons het baie lekker gekuier. Dries is baie gasvry en vriendelik. Ons het dit baie geniet, huis is baie netjies en ingerig met alles wat jy benodig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Dries
Ons Werf Self-Catering Accommodation
Baie dankie vir julle kuier Carien, dit was 'n plesier om julle hier te hê. Dankie vir die skoon huis agter gelaat. Wens julle 'n mooi 2020 toe. Dries en Elaine.

Ben V
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2019

Aangenaam. Baie vriendelik en behulpsaam. Netjies, skoon en voel baie welkom.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Dries
Ons Werf Self-Catering Accommodation
Hallo Ben en Surika, Was lekker om julle te ontmoet! Hoop ons sien gou weer. Groete vir Benji, Dries en Elaine van der Walt

Elizabeth D
Kort verblyf
4.4
Jan 2019

Ruim, goed toegeruste, gerieflike vakansieverblyf wat alles bied wat nodig is vir `n heerlike ontspanne vakansie. Ons het dit vreeslik geniet om saans aan die slaap gesus te word met die see in jou ore. Ons was 4 volwassenes en 2 klein kinders wat vir 3 nagte baie lekker in die gerieflike, netjiese, oopplan, ruim, selfsorghuis gebly het. Die huis bied alles wat mens nodig het en die goed toegeruste ruim waskamer, waar die kinders ook op `n reëndag kon speel, was 'n bonus. Ons kan hierdie verblyf beslis aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Dries
Ons Werf Self-Catering Accommodation
Hallo Liz, Was baie lekker om julle hier te hê, vertrou die res van julle vakansie was ook baie lekker. Hoop ons sien gou weer. Dries en Elaine van der Walt

Anja B
Kort verblyf Gesin met tieners
3.6
Des 2019

Het beter verwag volgens wat ek betaal het. Ons het meer verwag. Ons het R1800 'n aand betaal maar motor moes buite gebly het (maar besittings moes ons uithaal, dit maak mens al skrikkerig) die plek self is baie luuks (te luuks), maar was baie netjies en baie vriendelik. Nie baie privaat nie. Vir die tipe prys kan jy iets op strand kry.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
2.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Dries Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kaaimansweg 11, Groot-Brakrivier, Mosselbaai, 6525, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE3ODhhNjQwLWEwNDgtNDJkZC1iZWZhLTUxYmJjMjhjZGZmYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 13 5 1 5 11 Kaaimans Way Groot Brakrivier 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.055293472241 22.214624703013

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang