Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Onze Rust Guest House & Caravanpark

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 65 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hospitaalstraat, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • Vanaf R725 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Onze Rust Guest House & Caravanpark is sentraal geleë in die oase wat Colesberg in die Karoo bied en is sowat halfpad tussen die meeste bestemmings. Kom geniet 'n stil, rustige en veilige wegbreek.

Die gastehuis bestaan uit 19 kamers en is geskik vir 58 gaste. Daar is ongeveer 25 staanplekke vir karavane en tente beskikbaar op die perseel. Van sonsondergange wat jou na jou asem sal laat snak tot 'n rustige tuin om in te ontspan, hier is iets moois vir 'n ieder en elk. Ander geriewe sluit 'n binne- en buitebraai, parkeerplek (toesluitbaar en 24 uur-diens in. Troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël word.

Daar word voorsiening gemaak vir elke voorkeur. Daar is 19 kamers wat bestaan uit dubbel- en gesinskamers, rondawels, chalets en sakpas-verblyf. Ons het luukse en bekostigbare kamers. Ontbyt en aandete is op versoek beskikbaar.

Elke kamer (behalwe die rugsakreisigerskamers) het 'n TV, breekware en eetgerei, yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n mikrogolfoond. Elke sakpaskamer het 'n TV, eetgerei, bord en koffie- en teemaakgeriewe.

Die rondawels én sakpasverblyf is in die karavaanpark en deel gemeenskaplike ablusiegeriewe.

Die restaurant is heel jaar oop, maar die gastehuis bestel egter kos van ’n ander restaurant in die dorp gedurende laagseisoen. Daar is ’n spyskaart en die kos sal by gaste se kamer afgelewer word teen ’n ekstra fooi. Gaste kan kies of hulle die kos in hul kamer of die restaurant wil eet.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 211 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.2
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Frank B
5.0
Heerlike verblyf. Die verblyf was baie lekker. Mooi skoon. Geen klagtes nie.
Des 2024
Maruis D
5.0
Dit was weereens fantasties. Ons het al 'n paar keer by Onze Rust Guest House & Caravanpark gebly en diens was weereens puik.
Des 2023
Nadia V
5.0
Rustig, vriendelik en goeie plek. Die beste diens en hulp. Ek kon my hondjie saam my hê en die plekkie was skoon en netjies en goed uitgerig. Sal weer...
Sien meer
Des 2023
André D
Saam met lewensmaat
5.0
Baie goed ingerig en het die tydjie daar baie geniet. Baie goed toegeruste kamer gewees. Bed het lekker geslaap. Die ontvangs was ook uitstekend toe o...
Sien meer
Jan 2023
Adam S
Saam met lewensmaat
4.8
Baie lekker en gerieflike oornag plek. Baie lekker gebly. Gasvry ontvang en heerlike bord kos sommer in die kamer geniet ná 'n lang dag op die pad.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Rina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 211

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Hospitaalstraat, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • Gaste dink Onze Rust Guest House & Caravanpark het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 725
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 725
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 65 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hospitaalstraat, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdiNTcwOWI0LTMxMTQtNDkyZC05M2UxLTZlYTE5NWMzNzI1Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R725 per nag, vir 2 mense 211 5 1 5 Hospitaal Street Colesberg 9795 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -30.729817644185 25.089861710103

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang