Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oom Fasie se Plasie

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R384, Plaas Jantjie se Water, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
  • Vanaf R3 480 per nag, vir 11 mense

Beskrywing

Oom Fasie se plasie is 'n gerieflike selfsorghuis op 'n werkende skaapplaas tussen Vosburg en Carnarvon op die R384.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, eetarea en sitarea. Die lugversorgde hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n toilet. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n dubbelslaapbank.

Die tweede slaapkamer het ’n dubbelbed en 'n enkelbed. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die 3 kamers het plafonwaaiers, en deel die badkamer wat 'n bad, stort en toilet het.

Die kombuis het 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, 5 fase-watersuiweraar en tee- en koffiemaakgeriewe.

Gaste kan etes by die eetkamertafel geniet of in die leefarea ontspan met die TV. DStv is op versoek beskikbaar en gaste is welkom om hulle eie dekodeerder, afstandbeheer en slimkaart saam te bring. Die leefarea lei na 'n stoep met braaigeriewe en die groot agterplaas is omhein om troeteldiere veilig te hou.

Die plaas het 2 ha wat tans ontwikkel word vir pekanneute en kan te voet of met 'n fiets besoek word. Gaste kan 'n piekniek by die fontein in die kloof geniet en vir die 4x4-entoesiaste is daar 'n roete wat tot bo-op die berg gaan waar gaste die skugter Barbaryskape in hulle natuurlike habitat kan aanskou.

Kamer-opset

Kapasiteit: 11 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 4 mense
1 xDubbelbed
1 xDubbelslaapbank
Slaapkamer 2
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Rinette C
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik, rustige plek. Baie spasie en heerlike braai-area. Was baie rustig op die plaas met net die natuur rondom ons.
Jan 2024
Alta V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker Karoo-ervaring. Baie stil plaas. Ons kon lekker rus. Grondpad is in 'n baie goeie toestand en enige voertuig kan daar ry. Jacolize en haar dogt...
Sien meer
Aug 2023
Jacqui G
5.0
Baie gerieflik met fantastiese gasvryheid. Rustige omgewing weg van die hoofpad af. Voel baie veilig, ekstra opsies vir kos en drankies sonder om dorp...
Sien meer
Dec 2022
Van Rhyn F
Saam met lewensmaat
5.0
Absoluut wonderlik. Ek en my vrou (en natuurlik ons 2 honde) het 4 nagte oor Kersfees op Oom Fasie se Plasie gekuier. Van die oomblik wat ons arriveer...
Sien meer
Dec 2022
Madeleine D
Saam met lewensmaat
5.0
Perfect pet-friendly stay-over. We were travelling with 3 dogs and a full bakkie load, so after reading some of the previous reviews - ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Dec 2022

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Jacolize Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Langs die R384, Plaas Jantjie se Water, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
  • Gaste dink Oom Fasie se Plasie het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 480
per nag, vir 11 mense
Vanaf
Vanaf R3 480
per nag, vir 11 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R384, Plaas Jantjie se Water, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9cb2663e9550da73eb1cc541e0d2f298eaef8bcc5d4cd06cd5f29a9aeeb048d956e1ec9d134a544d7d574dddcec3ce7d3880?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 480 per nag, vir 11 mense 21 5 1 5 Off the R384 Farm Jantjie se Water 8925 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.759451961206 22.309905827934

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang