Oopplan Eenheid
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Remhoogte-weg 5, Heldervue, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
- Vanaf R800 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Oopplan Eenheid is 'n selfsorg-vakansiekothuis met 'n privaat ingang op die eienaar se erf in die hartjie van Heldervue in Somerset-Wes. Dit is ideaal vir gaste wat die area wil verken aangesien dit naby die bekende Stellenbosch-wynroete geleë is.
Die oopplankothuis bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, lugbraaier,breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n eetarea en 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n slim-TV met internet toegang en YouTube.Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n privaat, sonnige stoep met 'n piekniektafel en braaigeriewe. Veilige parkeerplek is agter 'n geslote hek op die perseel beskikbaar.
Indien nodig kan ons ekstra dubbelbed bysit in eenheid.
Die Waterstone Village Centre is net 1km ver waar talle winkels, restaurante en 'n dagspa is. Gaste kan ook verskeie voetslaan- en bergfietsryroetes in die area verken. Die instansie bied maklike toegang tot die R44 en N2 en daar is verskeie wynplase in die area. Die Strand se strand is 5 km ver en Kaapstad Internasionale Lughawe is 29 km ver.
Die Somerset Mall is 4km ver en 2 hospitale is onderskeidelik 3,2km en 6km ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Marian Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 2 maande
Ligging
- Remhoogte-weg 5, Heldervue, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
- Gaste dink Oopplan Eenheid het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Remhoogte-weg 5, Heldervue, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap