Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oppi C

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ebony-straat 25, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Oppi C bied selfsorgverblyf in Jeffreysbaai. Dié huis bied pragtige see-uitsigte en is net 100 van die strand af. Kabeljoustrand, aan die linkerkant, is ideaal vir lang wandelinge, visvang en swem. Die snorkelduikplek, die wêreldbekende Surfers' Paradise, en die waterwurm is op regterhand, net 'n paar minute se stap langs die strand af.

Die huis bestaan uit 2 aparte eenhede. Elke eenheid het 'n privaat ingang, 2 slaapkamers, 'n oopplan-kombuis, braaigeriewe, en 'n platskerm-TV met Openview. Elke kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond, broodrooster en 'n ketel. En net 'n paar tree vanaf Oppi C is daar 'n speelgrond vir kinders.

Jeffreysbaai het 'n 9 putjie-gholfbaan en daar is 'n Links-gholfbaan by St. Francisbaai. Die Gamtoosriviermond Natuurreservaat is net 40 km van hier af, en Chief Dawid Stuurman Internasionale Lughawe is sowat 'n uur se ry vanaf Oppi C. Ander doendinge in die omgewing: perdry, diepseehengel, vlieërbranderry en seilplankry.

Dít is wat jy hier sal kry

WiFi

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.3
Waarde vir geld
3.3
Diens
4.7
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Sunette Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 120

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Ebony-straat 25, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Gaste dink Oppi C het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ebony-straat 25, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdkMmI1M2Y0LTFlMTQtNDBlNy04ODcwLWJhNTgyMDcyMGJhNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6) 3 5 1 5 25 Ebony Street Wavecrest 6330 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -34.015714983284 24.927049130201

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang