Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oppi Draai

Gastehuis

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 55 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Philip V
1 nag
5.0
Sep 2024

Ruim, gerieflik, veilig, vriendelik, skoon en netjies. Die gasvrou het my baie vriendelik ontvang en rondgewys. Oppi Draai se kamers is baie gerieflik, netjies en skoon, met alles wat jy benodig, en nog meer. Ontbyt was uit die boonste rakke, en ek het nie bekommerd oor my voertuig se veiligheid deur die nag nie. Ek sal vir seker weer daar tuisgaan, en Oppi Draai aan al my kollegas en vriende aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Chris J P
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Baie dankie Amanda. Lekker gerus en mooi plek. Baie rustige area en lekker geslaap.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Amanda
Oppi Draai
Hi Chris, Baie dankie en bly om te hoor jy het lekker geslaap. Kom kuier gerus weer. Oppi Draai Groete, Amanda

Emmerentia D
1 nag
5.0
Apr 2024

Alles was 100%. Baie netjiese, skoon en goed toegeruste kamer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Amanda
Oppi Draai
Hi Emmerentia, Baie dankie vir jou terugvoer. Kom kuier gerus weer. Oppi Draai Groete, Amanda

Nada V
1 nag
5.0
Apr 2024

Meer as waarde vir geld. Het lekker geslaap, bed was in goeie kondisie, hulle maak seker jy het alles wat jy nodig het vir 'n baie goeie prys.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Amanda
Oppi Draai
Hi Nada, Baie dankie vir die terugvoer. Kom kuier gerus weer! Oppi Draai Groete, Amanda

Corne S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Netjies, veilig en baie goed geleë. Ons sal vir seker weer daar bly. Die verblyf en ontbyt was besonders lekker. Ons het sommer met die aankoms tuis gevoel. Het elke oggend moeite gedoen met 'n heerlike ontbyt. Sy en haar man het ons regtig baie welkom laat voel. Die kamer is goed toegerus, baie gerieflik en baie goed geleë vir die KKNK.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Amanda
Oppi Draai
Hi Corné, Baie dankie vir die terugvoer. Ek is bly julle het lekker gekuier en tuis gevoel. Kom kuier gerus weer. Oppi Draai Groete, Amanda

Marjorie P
1 nag Saam met vriende
5.0
Feb 2024

Onvergeetlik, onbeskryflik. Dis die mees fantastiese plek om te bly. Ongelooflike gasvryheid. Ek is 'n atleet wat die Kango-marathon gehardloop het, maar kon nie vir 'n beter plek gevra het nie. Beste gasvrou ooit. Onvergeetlike ervaring. Gaan beslis vir altyd daar kuier. Die borrelbad was heerlik vir daardie seer spiere.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Amanda
Oppi Draai
Hi Marjorie, Baie dankie vir die terugvoer. Kom kuier gerus weer. Oppi Draai Groete, Amanda

Marlene D
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Des 2023

Ons het 'n lekker, rustige aand gehad. Baie oulike verblyf, netjies en 'n lekker swembad.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Amanda
Oppi Draai
Hi Marlene, Baie dankie. Kom kuier gerus weer. Oppi Draai Groete, Amanda

Daniel M
1 nag
4.8
Mrt 2023

Absolute waarde vir geld. Oppie Draai is 'n baie goeie keuse vir die reisiger wie 'n plek soek om in Oudtshoorn te bly. Die ontvangs is vriendelik en die gashere doen alles in hul vermoe om die plek so gerieflik as moontlik te maak. Alle toebehore is beskikbaar en die ligging uitstekend. Dis die moeite werd om by Oppie Draai oor te bly. Definitief aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Amanda
Oppi Draai
Middag Daniël So lekker om so 'n positieve terugvoering te kry. Baie dankie. Dit was so lekker om jou te ontmoet en so lekker te kon gesels Oppi draai Groete Frans en Amanda Kalp

Melissa D
1 nag Saam met vriende
4.4
Okt 2023

Oppad Meiringspoort halfmaraton toe. Alles was baie lekker, die enigste ding wat sleg was, is dat daar nie genoeg warm water vir my en my vriendin was nie. Nadat ek in baie min water gebad het, was daar niks warm water vir haar nie en moes ons 'n ketel kook sodat sy net in 'n bietjie water kon bad. Ek kan nie dink dat 4 mense daar sal kan slaap en bad nie.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Amanda
Oppi Draai
Hi Melissa, Baie jammer om te verneem van die warmwater situasie. Ek kan jou verseker dat Oppi Draai oor meer as genoegsame warm water beskik, aangesien meeste van ons eenhede oor gasgeysers beskik. Sou graag die geleentheid wou gehad het om hierdie vir julle onmiddelik te kon regstel. Om in koue water te bad wanneer jy kom deelneem aan 'n halfmaraton is nie ideaal nie en het ons geweet, sou ons dit dadelik aangespreek het. Jammer vir die teleurstelling. Oppi Draai Groete, Amanda

Philippina Mhatina (stienie) A
Lang verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Apr 2023

Stil, aangenaam en professioneel. Sal terugkeer sonder huiwering.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Amanda
Oppi Draai
Baie Dankie Stienie / Jerry Ons hoop om julle weer te sien volgende jaar met KKNK. Dit was aangenaam om julle te ontmoet. Baie dankie vir die waardevolle terugvoering. Amanda, Oppi draai

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Amanda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 55

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 22 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oosthuizenstraat 21, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdb50d02532d0916928e61ef7fb442018bef4b7d1191eb727336697592c1f80b4d8768c2bf63d3465f1b36146b74d7802c6f1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 55 5 1 5 21 Oosthuizen Street Oudtshoorn 6625 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.608027420921 22.197611778975

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang