Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oppi-Stoep

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Karee-laan 27, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Oppi-Stoep bied ruim selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamerhuis in Stilbaai. Die eenheid beslaan 'n deel van die eienaar se huis en het 'n privaat ingang.

Dié eenheid op die grondvloer het slaapplek vir tot 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Hierdie 2 kamers deel die tweede badkamer met 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, gaste moet asseblief hul eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Wasmasjien en 'n tuimeldroër is in die aparte opwaskamer beskikbaar. Daar is 'n etenstafel met genoeg sitplek vir almal om hul etes saam te geniet. Die sitkamer is ingerig met gemaklike sitplek en 'n TV met 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale.

Buite is daar braaigeriewe asook veilige parkeerplek vir gaste se privaat gebruik. Stilbaai het 'n hele rits doendinge en besienswaardighede, soos die Inverroche-stokery, voetslaan in die natuurreservate, voëlkyk en die palings voer by die Stilbaai Toerismeburo.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Willie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 37

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Karee-laan 27, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 300
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 300
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Karee-laan 27, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcb10a405a216e458eef728c8a2b596b197c1eae04338799139b530697468a6c4eb2916ed7ade5c8813fc8213a6f9bc26edb7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6) 27 Karee Avenue Still Bay 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.360718203474 21.40772329985

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang